Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Minerale-grond-gee-top-voer

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 09:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Minerale in grond gee top-voer

 
JOHN FAIR

Grond met die regte minerale-samestelling sal uitstekende ruvoer met 'n gebalanseerde voedingswaarde produseer. Daarenteen kan grond met die verkeerde minerale-samestelling voer produseer wat allerlei siektes in 'n melkkudde kan veroorsaak.

Goeie ruvoer is die sleutel tot winsgewende melkproduksie. Daarvoor is sonskyn, minerale en water nodig. Hierdie is een van mnr. Gary Zimmer, 'n melkboer en raadgewer van Wisconsin, Amerika, se geliefkoosde stellings. Maar hy kon net sowel mikro-organismes en suurstof bygevoeg het.

Melkboere kan ag slaan op wat Zimmer sê. Hy en sy seun bedryf 'n hoogs winsgewende organiese melkboerdery op Otter Creek Organic Farm. Hul kudde is gesond en daarom was dit vir hulle maklik om na die organiese produksie van melk oor te skakel, wat hulle meer geld in die sak bring. Tans kry hulle bykans dubbel die prys van nie-organiese melk.

Zimmer is hoofdirekteur van die onderneming Midwest Bio-Ag, wat bykans 3 600 boere met raad oor biologiese boerdery ondersteun. Hy is 'n dierevoedingkundige wat vroeër 'n lektor aan 'n landbou-opleidingsentrum was. Dit is juis toe, nadat een van sy studente 'n taak oor lusern se reaksie op kalktoediening afgehandel het, dat hy besef het hoe belangrik minerale in die grond vir die produksie van goeie ruvoer is. Dit het hom só geprikkel dat hy 'n intensiewe studie van minerale in die grond onderneem het.

Sy doel was om voergehalte te verhoog en hy het deur die bril van 'n voedingkundige na die grondkunde gekyk. Later het hy die bekende grondbioloog, dr. Elaine Ingham, raakgeloop en hulle het begin om saam kursusse vir boere aan te bied.

Zimmer is lief om te sê: "As jy die mikro-organismes in die grond doodmaak, moet jý hul werk doen". Hy verwys hier na die kostebesparingsrol wat mikro-organismes speel, deurdat hulle voedingstowwe gratis aan plante gee. Hy versorg dus ook sy "ondergrondse vee", 'n uitdrukking wat hy graag gebruik.

Die verryking van grond met minerale het 'n groot invloed op die voedingswaarde van ruvoer. Zimmer sonder kalsium, boor, fosfaat en magnesium uit as van deurslaggewende belang vir die produksie van goeie ruvoer. Daarenteen moet die toediening van stikstof met omsigtigheid gehanteer word omdat 'n oormaat daarvan tot allerlei siektes, soos metritis, lamenitis en mastitis, kan lei.

Om hierdie rede sê hy graag: "Jy koop nie stikstof nie, jy kweek dit." En hy bedoel dit op sy plaas word geen stikstof gekoop nie. Die koop van stikstof sal nooit van jou 'n beter boer maak nie, is sy standpunt.

Om plante kalsium te laat opneem, is nie maklik nie. Sonder boor neem gewasse nie genoeg kalsium op nie omdat daar 'n wisselwerking tussen die twee minerale is.

Die toediening van stikstof en chloried verhinder die opname van kalsium omdat albei die uitloging van kalsium aanhelp. Stikstof en chloried is ook grootliks verantwoordelik vir die vernietiging van die voordelige swamme in die grond. Dit beïn-vloed ook die hoeveelheid kalsium in die plant aangesien die swamme vir die plant kalsium in ruil vir koolhidrate en proteïen gee.

Daar is 'n simbiotiese verhouding tussen plante en sekere voordelige swamme in die grond. Geen wonder nie dat die kalsiuminhoud van weidings wat swaar bemes word selde hoër as 0,4 % is. Die minimum om na te streef, is 1,5 %. Zimmer reken die kalsium- en kaliuminhoud moet byna 2 % wees.

Die gewenste verhouding van kalsium tot kalium is 1:1. Die probleem is egter dat die kaliuminhoud van die meeste weidings te hoog is. In Suid-Afrika is 'n verhouding van 1:10 nie ongewoon nie. 'n Groot oormaat kalium in voer hou ernstige nadele vir die reproduksie en gesondheid van kuddes in. Die skielike vrekte van top-produserende diere weens 'n hartaanval is 'n voorbeeld.

Ook hier is stikstof betrokke. As stikstof toegedien word op grond wat onvoldoende kalsium bevat, neem plante 'n oormaat kalium op. In drie afsonderlike weidingsbemestingsproewe het die kaliuminhoud van die plant reglynig toegeneem namate die stikstofbemesting opgestoot is.

Anders gestel, stikstofbemesting vermeerder die kalium in die plant. Dit lyk asof die oormatige opname van kalium plaasvind waar daar 'n wanbalans van minerale in die grond is, en veral waar die kalsiumvlak laag is.

Die vraag is nou hoe die gebrek aan kalium in 'n rantsoen reggestel moet word. Die byvoeging van kalsium in die kragvoerrantsoen is nie die gewenste oplossing nie, omdat vry (anorganiese) kalsium nie naastenby so doeltreffend benut word as waar dit deel van die plant (biologiese kalsium) vorm nie. Die opname van biologiese kalsium deur die dier kan so hoog as 95 % wees teenoor die 15 % van die kalsium wat in die voerbak gevoer word.

Die beste manier om 'n kalsiumgebrek aan te vul, is om die grond se kalsiuminhoud te herstel. Die norm wat Zimmer voorstel, is 70 % tot 80 % van die basisversadiging. Dit is heelwat meer as wat Neal Kinsey, skrywer van Hands-on Agronomy, aanbeveel. Ek vermoed dat die verskil toegeskryf kan word aan die feit dat hulle verskillende laboratoriums gebruik.

Die feit dat laboratoriums aansienlik verskil, is 'n reuse-tameletjie. Wat die probleem erger maak, is dat kalkaanbevelings hemelsbreed van laboratorium tot laboratorium verskil. Ek het een monster drie maal na ses laboratoriums gestuur. Die verskillende aanbevelings ten opsigte van kalktoediening was 'n openbaring.

Wat die saak nog ingewikkelder maak, is dat kalksoorte en -gehalte aansienlik verskil. Nie een van die laboratoriums het vasgestel wat die kalsium- en magnesiuminhoud van die kalk was voor hulle 'n aanbeveling gedoen het nie. Niks is ook oor die fynheid van die kalk gesê nie.

Met hierdie verwarrende feite is my raad aan boere om te begin met 'n konserwatiewe toedieningsprogram. Slegs goeie kalk moet gekoop word dit is fyn kalk met 'n hoë kalsiuminhoud. Neem jaarliks voermonsters om te bepaal of die weiding wel meer kalsium opneem. Dieselfde laboratorium moet elke jaar gebruik word.

Onthou dat dit drie jaar duur om die volledige kalsiumreaksie uit goeie kalk te kry. Boor moet elke jaar toegedien word, maar met oorleg omdat dit giftig kan wees. Dit kan veral op kalkarm grond gevaarlik wees. Zimmer dien elke jaar 1 kg boor per hektaar toe, wat gelykstaande is aan die toediening van 6 kg boorsuur (17 %) per hektaar. Neem ook jaarliks grondmonsters om die kalsium- en boorvlak fyn dop te hou.

Volgens my berekeninge is die regte hoeveelheid 2 ton kalsitiese kalk (32 % kalsium en 1 % tot 2 % magnesium) plus 2 ton dolomitiese kalk (22 % kalsium en 11,5 % magnesium).

Zimmer doen aan die hand dat die kalk met humate gemeng word, omdat dit help om die kalsium toegankliker vir die plant te maak.
Die toediening van kalsiumnitraat, wat doeltreffend, maar taamlik duur is, en gips is ook metodes om die plant meer kalsium te laat opneem. Zimmer gee sy lusern-klawer-grasweidings elke jaar 500 kg gips en 1 000 kg kalsitiese kalk. Hierdie weidings word ná net twee tot drie jaar ingewerk. Hy volg 'n kort wisselboustelsel met die opbou van minerale en mikro-organismes in gedagte.

Sy bure verstaan dit moeilik dat hy 'n groot hoeveelheid uitstekende weiding eenvoudig inploeg. "Waarom voer jy dit nie vir jou vee nie?" het iemand hom al gevra. "Maar ek voer dit vir my vee my ondergrondse vee," antwoord hy gewoonlik.

Dit bring ons by fosfaat en magnesium, albei noodsaaklike minerale vir energie. Soos elke goeie melkboer weet, is rantsoen-energie die belangrikste enkele aspek van winsgewende melkboerdery. Hierdie aspek word in die volgende uitgawe volledig behandel.

  • John Fair is 'n raadgewer oor biologiese boerderypraktyke.

    Forums vir biologiese boerdery

    Drie afsonderlike forums vir biologiese boerdery word in September 2004 op Tzaneen, Stellenbosch en Bloemfontein deur die John Fair Biofarm-instituut en met die samewerking van Landbouweekblad aangebied.

    Die forums fokus op winsgewende produksiestelsels gegrond op die gebalanseerde verryking van grond met minerale en die aanwending van grondvriendelike bemestingstowwe. Die maak van kompos en kompostee en die bepaling van die biologiese waarde daarvan sal ook aandag geniet.

    Mnr. Benny McLean, 'n sitrus- en waatlemoenboer en konsultant van Florida, Amerika, is een van die hoofsprekers. Hy sal bewyse lewer dat biologiese boerdery tot hoër opbrengste en wins lei.

    Mnr. Bob Yanda, 'n mededirekteur van Midwest Bio-Ag, 'n onderneming in Amerika wat boere oor biologiese boerdery raadgee en waarvan mnr. Gary Zimmer die stigter is, sal ook praat. Yanda het saam met talle boere die pad na volhoubare, minder riskante en meer winsgewende boerdery gestap. Hy sal aandag aan bewaringsbewerking gee en wys op die risiko's van geenbewerking.

    Datums: Tzaneen 6 en 7 September; Stellenbosch 9 en 10 September; en Bloemfontein 13 en 14 September.

  • Navrae: Heidi, tel. 058 622 3585; Annet of Mandla, tel. 058 622 3842; of Robert, 083 226 2750. E-posnavrae kan gerig word aan fair@kingsley.co.za asook aan annetm@kingsley.co.za.

    6 Augustus 2004

  • 0
     
     
    • 2385 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • John Deere-winkel gewild op Nampo
    • Boer aangerand oor begrafnis

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • STP begin vigsprojek in vrugtebedryf
    • Streek verwag beter oeste
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction