Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Minister-het-geen-antwoorde-oor-lnr

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 09:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Minister het geen antwoorde oor LNR

 
JEAN-MARIE DE WAAL

Die Parlement is steeds in die duister oor die stand van sake by die Landbounavorsingsraad (LNR). 'n Versoek deur die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou en grondsake aan me. Thoko Didiza, Minister van Landbou en Grondsake, om die toestand te verduidelik, het niks opgelewer nie.

Volgens Didiza is dit omdat die raad van die LNR wat die interne ondersoek na beweerde ongerymdhede in die LNR doen, nog nie tot 'n gevolgtrekking gekom het nie.

Didiza het die komitee tydens 'n toeligtingsessie berispe en gesê dit is jammer sy is nie ingelig oor waaroor die komitee met haar wou praat nie. Sy het gesê die antwoorde wat sy wel aan die komitee kan gee, hou verband met vrae wat sy in Landbouweekblad gelees het.

Dr. Kraai van Niekerk, die DA se woordvoerder oor landbou, het aan Didiza gesê die afgelope twee keer wat die LNR voor die komitee verskyn het, was dr. Nthoana Tau-Mzamane, hoofbeampte, afwesig. Hy het ook nog geen inligting ontvang waarvoor hy al verskeie kere gevra het nie. "Daar's gerugte oor die ondersoek. Ons wil antwoorde hê," het Van Niekerk gesê.

Hy wil weet of daar grootskaalse verdeling in die LNR is en of die departement besig is om die landbou tot niet te maak. (Lees berig op bl. 100).

"Ek het nie geweet ek kom hiernatoe oor gerugte nie," het 'n oënskynlik ontstoke Didiza aan die komitee gesê.

Didiza het om verskoning gevra en gesê sy het nie 'n voorlegging van mnr. Neo Masithela, vorige voorsitter van die komitee, ontvang oor die vrae wat geopper is nie. "Ons is almal bekommerd oor die LNR en ons sal alles doen om dit te red," het sy verseker.

Dr. Manie Schoeman, ANC-lid, kon ook nie op sy vrae antwoorde kry nie. Hy wou weet of Didiza self die interne ondersoek na beweerde ongerymdhede in die LNR gelas het. "As dit deur die raad gedoen is, is ek bekommerd die werklike stand van sake gaan nie na vore kom nie," het hy gesê.

Schoeman wou ook weet waarom die LNR se Instituut vir Veld en Weiding van Roodeplaat na Irene verskuif is — ten spyte van besware deur werkernemers van die LNR. "Dit blyk daar was geen raadpleging nie. Dit dui op 'n ongevoelige houding jeens landbounavorsing," het hy gesê.

Volgens me. Elizabeth Ngaleka, voorsitter van die komitee, gaan die LNR wéér voor die komitee moet verskyn.

1 Julie 2005

0
 
 
  • 2218 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wees meer rekenaarvaardig
  • Waak teen hondsdolheid
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction