Deur LUCILLE BOTHA
23 Maart 2012

1431 keer gelees | 3 kommentaar

Mnr. Danie le Roux se belangstelling in antieke trekkers en landboutoerusting het gelei tot ’n uitgebreide versameling skaalmodelle.


Ry op ry staan hulle daar op rakke wat tot teen die dak strek: Helderkleurige skaalmodelle van trekkers, vragmotors en werktuie. Sommige kom uit Suid-Afrika, ander word ingevoer. Maar as dit ’n besondere stuk is en die prys is reg, dan kóóp mnr. Danie le Roux.

Le Roux (52) is die bestuurder van ’n graanplaas naby Malmesbury en sy versameling skaalmodelle trek al ver oor 1 000 stukke. Dit sluit in trekkers, vragmotors, stropers en werktuie. “Ek het oor die jare ook al so elf of twaalf self gebou.” Dié modelle staan in sy sitkamer.

Geen besonderheid is weggelaat nie en die modelle is haarfyn toegerus, kompleet met handelsmerke. Le Roux is ’n kenner op sy vakgebied en hy rammel feite af en diep stories op wat enige een se verbeelding sal aangryp. Hy leef sy passie ook uit by die veteraantrekker- en enjinklubs waarvan hy lid is.

“Dit gaan oor bewaring. Daar is so baie mense wat die trekkers uitgevoer het, en eintlik wou ons hê dit moes hier bly sodat ons by oes- en ploegdae kan demonstreer hoe dit in die ou tyd gedoen is.Ons kyk hoeveel ons in die hande kan kry en weer kan laat werk.”

Kyk hier na 'n video van Le Roux se unieke versameling en lees die volledige artikel oor sy versameling in die Landbouweekblad van 30 Maart 2012.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Abrie Steyn

2012/03/26 07:03:50 PM

Hoe kan mens met mnr. Danie in kontak kom ?


JVDW

2012/03/26 08:57:00 AM

Mooi versameling. Ek is net baie dankbaar dat ek hulle nie hoef af te stof nie.


Jaun Smith

2012/12/20 01:17:12 PM

Ek is op soek na n stroper skaal model vir my 3jarige seuntjie. weet iemand waar kan ek een in die hande kry>

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights