My Plekke

Hierdie funksie is sodat jy plekke van belang op die Google Earth-stelsel kan merk, soos jou plaas en die landerye, suipings, rivierlope, skure en nog meer. Jy moet as ‘n gebruiker op landbou.com registreer om die funksie te benut. Plekke wat jy hier merk en stoor, sal met jou volgende besoek aan landbou.com weer aan jou, as geregistreerde gebruiker, vertoon word.

Google Earth is aktiewe satellietstelsel wat die ganse aardbol afneem. Webgebruikers kan die aarde dus met Google Earth bespied: So ook jou plaas of jou woonplek. ‘n Gebruiker van hierdie program op landbou.com kan in- of uit-“zoom” tot op ‘n vlak waar ‘n huis, ‘n plaas, ‘n dam, of ‘n pad te siene is. Dié beelde word in verskeie formate vertoon, soos ‘n satellietfoto, ‘n kaart, die terrein, of ‘n kombinasie van dié keuses. (Klik en trek/skuif die kaart hieronder na links of regs om te sien wat gebeur, of gebruik die “tool bar” links bo-op die kaart om te sien hoe dit werk. Skuif rond of “zoom” in of uit.)

Gebruik die program om plekke vir jou te merk, soos jou plaas, ‘n woonhuis, ‘n vakansieplek, die damme op jou plaas, die suipings en so aan. Klik op Merk jou plek-skakel hieronder en volg die stappe. Ons laat jou ook toe om die Plekke ook aan ‘n tiepe te koppel, sodat jy dit later makliker kan sien.

Jy het nog geen plekke op die kaart gemerk nie of daar is nog nie 'n plek van hierdie tipe gemaak nie.
Maak 'n merk hier