Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Namibiese-landbou-kort-steun

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 09:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Namibiese landbou kort steun

 

Twee onverbonde sprekers het 'n beroep op die Namibiese owerheid gedoen om meer geld vir die landbou en plattelandse ontwikkeling te bewillig.

Die Namibiese Landbou-unie (NLU) en die Lewendehawe Produsente-organisasie (LPO) wat as grootste bedryfsorganisasie by die NLU geaffilieer is, het verlede week onderskeidelik hul 61ste en 44ste kongresse in Windhoek gehou, luidens die weeklikse nuusbrief van die unie.

Die tema van die NLU kongres was "Skat die landbou na waarde" en dié van die LPO "Weidingsbestuur vir volhoubare produksie". As hoofsprekers by die NLU-kongres het opgtree adv. Vekuii Rukoro, voorsitter van die President's Economic Advisory Council en dr. Karl Rich van die Internasionale Lewendehawe Navorsingsinstituut in Nairobi, Kenia.

Beide die sprekers het daarop gewys dat die totale owerheidstoekenning aan die landbou vanuit die nasionale begroting in reële terme gedaal het. Dit is juis kommerwekkend teen die agergrond van die besluit van staatshoofde van Suidelike Afrika dat ten minste 10% van die nasionale begroting aan die landbou spandeer moet word. Volgens beide sprekers vorm die landbou die ruggraat van die Namibiese ekonomie ten opsigte van werkskepping en die produksie van primêre produkte vir verdere prosessering deur die sekondêre sektor. Die landbousektor word ook ondersteun deur infrastruktuur in die plattelandse gebiede wat in sommige gevalle teen 'n kommerwekkende spoed verval. Hier word veral verwys na paaie, water en sosiale infrastruktuur soos gesondheid.

Die vermenigvuldigingseffek van die landbou moet ook nie onderskat word nie alhoewel die bydrae van landbou tot die BBP wissel tussen 5 en 7%, veroorsaak die vermenigvuldigingseffek dat die indirekte bydrae van landbou tussen 9 en 13% is. Beide sprekers het 'n beroep op die owerheid gedoen om die landbou na waarde te skat en 'n groter bydrae vanuit die nasionale begroting aan die landbou en plattelandse ontwikkeling te allokeer.

  • Die NLU-president, mnr. Raimar von Hase, het in sy jaarlikse boodskap aan die kongres 'n beroep gedoen op al die rolspelers in die kleinveebedryf om saam te staan en oplossings vir die bemarkingsprobleme te vind wat die langtermyn oorlewing van die kleinveebedryf in Namibië sal verseker.

    Hy het ook daarop gewys dat die bestaande strukture van die georganiseerde landbou wat in die kommersiële sektor verteenwoordig word deur die NLU en sy affiliasies, meer as bevoeg is om die behoeftes en uitdagings van kommersiële landbou in Namibië aan te spreek. Hy sien dus geen noodsaaklikheid om nuwe strukture te skep nie. Dit is egter nodig om met kreatiwiteit aanpassings te maak gegewe die veranderende omgewing.

    Punte van bekommernis, wat volgens Von Hase aangespreek behoort te word, is:

  • 'n Verhoogde toekenning uit die nasionale begroting aan die landbou sektor.
  • Die verbossingsprobleem.
  • Die insluit van die noordelike kommunale sektor se lewendehawe in die hoofstroom-ekonomie van Namibië.
  • Die oordra van kennis en ondervinding na die opkomende boerderysektor.
  • Die ontwikkeling van die Greenscheme.

    15 Oktober 2007

  • 0
     
     
    • 1299 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • John Deere-winkel gewild op Nampo
    • Boer aangerand oor begrafnis

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Swartwitpense behaal R125 000
    • Suidwes gee diamant weg
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction