|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 09:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
In die Staatskoerant van 27 Augustus is 'n lys van 26 plase in Mpumalanga en Gauteng gepubliseer waarop eise vir die herstel van grondregte ingestel is. Altesame 233 eise is betrokke.
Tien van die plase is in die distrik Pelgrimsrus. Dié plase is Ledouphine, Grootfontein, Goedgekloof, Erasmushoop, Welgevonden, Vooruitzicht, Terpen, Quartzkop, London en Elandsfontein. In totaal is 26 eise vir dié plase gepubliseer.
In die distrik Bronkhorstspruit in Gauteng maak 111 mense aanspraak op ses plase, naamlik Rietfontein, Enkeldoorn, Jobarne, Blesbokfontein, Jakkalsdans en Wolvenkraal. Net mooi 82 mense soek Jakkalsdans.
Altesame 27 mense eis vir die herstel van hul grondregte in die distrik Lydenburg. Die plase ter sprake is Goudmyn (19 eise), Sterkfontein (8 eise), Olifantspoortjie (30 eise), Grootboom (sewe eise) en Steelpoortpark (13 eise).
Drie plase in die distrik Standerton is gelys. Hulle is Stilterus, Genadefontein en Drieangel. Altesame 13 eise is hier ter sprake.
In die distrik Witrivier is sewe eise teen die twee plase Pebbles en Ligtfontein ingestel.
17 September 2004
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24