Deur ALANI JANEKE
5 Oktober 2012

914 keer gelees | 8 kommentaar

Die aantal aanvalle op boere is vergelykbaar met aanvalle deur misdadigers in die algemene bevolking, sê die SAIRR.


Boere se kwesbaarheid vir gewapende aanvalle is nie “uniek” nie. Dít is die bevinding van ’n studie wat die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) oor plaasaanvalle onderneem het. Volgens die navorsing kan plaasaanvalle per 100 000 boere met die aantal aanvalle deur misdadigers per 100 000 mense van die gewone bevolking vergelyk word.

Dié studie is gedoen met behulp van die statistiek wat die TLU SA oor plaasaanvalle byhou, aangesien die SA Polisiediens nie die data oor plaasaanvalle en –moorde publiseer nie. Luidens ’n verklaring is die syfers van aanvalle tussen 1994 en 2011 gebruik. Die SAIRR sê die analise van die statistiek is gekompliseer weens die wisselvalligheid van die aantal aanvalle wat jaarliks in dié tydperk voorgekom het.

Die meeste aanvalle
Volgens die statistiek het die meeste aanvalle in die tydperk in 2002 voorgekom, toe 229 aanvalle aangeteken is. In 1996 is 70 aanvalle aangeteken. Dit het verhoog tot 133 in 1999, terwyl dit verlaag het na 82 in 2004, net om weer te styg na 184 in 2008.

Die data is saamgestel uit aanvalle op plase en kleinhoewes wat gemik is op bewoners, werkers en besoekers aan plase en kleinhoewes. “’n Aanval word gedefiniëer as die voorneme om te vermoor, verkrag, roof, of om liggaamlike leed te veroorsaak en dit sluit alle aksies in wat daarop gemik is om boerdery aktiwiteite te ontwrig as ’n kommersiële bron van kommer,” lui die verklaring.

Aantal aanvalle per 100 000
Volgens die berekeninge het die aantal aanvalle per 100 000 boere en plaaswerkers in die formele sektor in 2011 op ’n koers van 16,8 te staan gekom. As aangeneem word dat plaaswerkers nie geteiken word nie, en dat die aanvalle gemik is op kommersiële boere en hulle families, is dié koers 45,8 per 100 000.

Die instituut merk op dat hoewel dit moeilik is om plaasaanvalle met ander tipes misdaad te vergelyk, dié statistiek wel vergelyk kan word met koerse per 100 000 van ander ernstige misdade wat die algemene publiek raak. In 2011 het Suid-Afrika ’n koers van 31,9 per 100 000 vir moord aangeteken, terwyl huisroof se koers 33,4 per 100 000 was. Die totale koers vir geweldadige roof was 203 per 100 000. 

“Dié analise dui nie aan dat plaasaanvalle nie ’n probleem is nie,” aldus mnr. Frans Cronje, adjunk hoof uitvoerende beampte van die Instituut. “Dit openbaar eerder hoe kwesbaar alle Suid-Afrikaners vir geweldadige misdaad is.”


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


dw

2012/10/05 01:29:51 PM

Die syfers maak geensins sin nie. Daar is minder as 100000 blanke boere.


Brakanjan

2012/10/05 02:15:49 PM

Goed, ek sluk hierdie berig moeilik, maar is dit inderdaad so dat die AARD en GEWELDADIGHEID van plaasaanvalle erger is of nie teenoor aanvalle teen die land se populasie? Wil net graag weet asb.


Saaiboer

2012/10/05 08:33:27 PM

Ja, dis heeltemal normaal. So klomp boere wat vermoor word is niks snaaks nie. Sê my mnr. Cronje, Amerikaanse soldate wat gewoonlik erens in 'n oorlog betrokke is, hoeveel van hulle uit elke 100 000 word gedood??????


gerrit

2012/10/06 10:15:11 AM

Wat ek nie verstaan nie is dat gese word plaasaanvalle is nie betekenisvol nie. Dan kom die stelling dat as aanvaar word dat die aanvalle teen kommersiele boere gemik is is die aanvalle 45,8 per 100 000. Huisroof se koers is 33,4 en moord sin 31,9. Ek dink 45,8 is betekenisvol hoer as 33,4


butch

2012/10/06 02:10:22 PM

Die definisie hierbo is per se gebrekkig, omdat dit nie na die verminking van die slagoffers se ligaame verwys nie. Ek wil aansluit by brakanjan hierbo en mnr. Cronje versoek om met nagevorste inligting en bewyse vorendag te kom en te antwoord op die vraag oor hoekom slagoffers se liggame onderste soos bees- en skaapkarkasse in ‘n abbatoir, opgehang word en met oopgesnyde liggame en ingewande wat op die grond lê, agtergelaat word . Vertel ons mnr. Cronje, watter afleiding maak enige reg wys mens van so iets. Oor die skending van dames se liggame, swyg ons ons liewer. Antwoord ons asb., want ons is belastingbetalers wat ingevolge die Grondwet verplig is om deur die regering beskerm te word. Meen u dat daar nie “ulterior motives “ hierby betrokke is nie? Objektief beskou is dit bykans onmoontlik om die saak soos u te beskou . Selfs meer en meer in die buiteland begin daar groot kommer – en ek is doodseker dis nie oor boere vermoor word nie, maar die wyse waarop dit gedoen word. Ek verskil hewig van u en meen dat die aard daarvan uiters uniek is.


butch

2012/10/06 07:48:37 PM

Die definisie hierbo is per se gebrekkig, omdat dit nie na die verminking van die slagoffers se ligaame verwys nie. Ek wil aansluit by brakanjan hierbo en mnr. Cronje versoek om met nagevorste inligting en bewyse vorendag te kom en te antwoord op die vraag oor hoekom slagoffers se liggame onderste soos bees- en skaapkarkasse in ‘n abbatoir, opgehang word en met oopgesnyde liggame en ingewande wat op die grond lê, agtergelaat word . Vertel ons mnr. Cronje, watter afleiding maak enige reg wys mens van so iets. Oor die skending van dames se liggame, swyg ons ons liewer. Antwoord ons asb., want ons is belastingbetalers wat ingevolge die Grondwet verplig is om deur die regering beskerm te word. Meen u dat daar nie “ulterior motives “ hierby betrokke is nie? Objektief beskou is dit bykans onmoontlik om die saak soos u te beskou . Selfs meer en meer in die buiteland begin daar groot kommer – en ek is doodseker dis nie oor boere vermoor word nie, maar die wyse waarop dit gedoen word. Ek verskil heftig en meen dat plaasmoorde in talle opsigte uniek is!


merkwaardig

2012/10/07 03:11:14 PM

Die korrekte vergelyking sal wees met moordlustige aanvalle op mense in hul huise of tuine, nie met "geweldadige" misdade in die breëre nie.


Werries-SA

2012/10/08 07:56:36 AM

Dit is die grootste klomp klug! Die instituut het verseker nie al die syfers van plaasaanvalle nie, en die geweld en brutalitied van plaasaanvalle word nie in ag geneem in hul verslag nie. Julle kan die instituut maar ontbind, hulle doen ie hul werk behoorlik nie. 'n Goeie leun het 90% waarheid in, en dit is wat diè is...

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights