24 Augustus 2012

495 keer gelees | 0 kommentaar

Die landboumaatskappy Afgri het bekend gemaak dat hy die amptelike vennoot van die Lenteskou is.


Die Lenteskou word van 1 tot 6 September in Pretoria aangebied. As deel van Afgri se betrokkenheid beoog die maatskappy om sy volledige waardeketting aan huidige en potensiële klante bekend te stel.

“Vir die eerste keer gaan ál Afgri se sake-eenhede – van die plaas tot by die eindverbruiker – ten toon gestel word. Dit sluit in ’n Farm City en Town & Country-winkel waar ’n John Deere-klerereeks onder meer te koop sal wees,” het me. Wilna du Plessis, die maatskappy se bemarkingsbestuurder gesê.

Ál John Deere se produkte en toerusting sal in ’n groot buite-uitstalruimte uitgestal word en klante sal in ’n Afgri-markiestent langs die hoofarena informeel onthaal word. Vir die jongspan sal daar onder meer ’n springkasteel en trapkarretjies wees.

Die skou (voorheen die Pretoria-skou) lê vanjaar net op landbou klem. ’n Verskeidenheid perdesport, beeskampioenskapskoue en karkaskompetisies is reeds bevestig saam met die nasionale kampioenskapskoue vir Dorpers, Boerbokke en Damaras.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights