2 Julie 2012

522 keer gelees | 1 kommentaar

Steun vir AfriForum se veldtog om plaasmoorde tot ’n voorrangmisdaad te laat verklaar, is van me. Riah Phiyega, die nuwe polisiekommissaris, gevra.


In ’n brief wat per hand by die polisie se hoofkantoor afgelewer is, vra AfriForum die nuwe polisiekommissaris, me. Riah Phiyega, se steun vir sy veldtog om plaasmoorde tot ’n voorrangmisdaad verklaar te kry. Die veldtog fokus ook daarop dat spesialiseenhede vir landelike veiligheid geskep moet word.

Luidens ’n verklaring sê die organisasie hy is tans besig om met behulp van verskeie kundiges ’n omvattende verslag oor die impak van plaasaanvalle op te stel. Die verslag sal binnekort aan Phiyega en mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, oorhandig word.

Verder beoog die organisasie om binnekort ’n platform op die been te bring waardeur die publiek betrokke kan raak om druk op die Regering uit te oefen oor misdaad.

Verheffing?
Die organsasie sê hulle wil Phiyega inlig oor die uitwerking wat aanvalle op boere op mense in landelike gemeenskappe het. “Ons het geen behoefte om die moorde op boere te verhef bo enige ander moorde nie. Die werklikheid is egter dat moorde op boere nie net disproporsioneel tot die nasionale moordsyfer is nie, maar dat plaasmoorde met growwe en onmenslike wreedheid gepaardgaan,” aldus mnr. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof.

’n Eksemplaar van die Engelse weergawe van die boek Treurgrond, wat verlede jaar bekend gestel is, is saam met die brief aan Phiyega oorhandig. Die boek bevat besonderhede van 2 617 plaasaanvalle en 1 445 plaasmoorde wat tussen 1990 en 2010 gepleeg is.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


A Rossouw

2012/07/02 04:46:50 PM

Weet die mense hoeveel groot en klein besighede [belasting betalers] wat werk skep geraak word deur die vermindering van boere [grootmaat voedselvoorsieners se ondersteuning en dienslevering wie kan vir ons se hoeveel besighede in S.A is afhanklik van landbou.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights