Deur LIEZL VERCUEIL
13 Januarie 2010

1800 keer gelees | 2 kommentaar

Zimbabwe se omstrede en gewelddadige grondonteieningsveldtog word nou in ’n Suid-Afrikaanse hof aangepak deur burgerregte-organisasie AfriForum namens drie boere wat van hul grond in dié land verdryf is.


AfriForum se hofaansoek om die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se bevindinge oor Zimbabwe in Suid-Afrika te laat registreer, gaan vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof voort, luidens The Citizen.

Dít volg nadat waarnemende regter Neil Tuchten gister sy regsmag in dié gebied bevraagteken het en AfriForum om uitstel gevra het om sy saak in meer besonderhede te stel, luidens ’n berig in Business Day.

Die organisasie verteenwoordig mnre. Louis Fick, Michael Campbell en Thomas Etheridge – almal wit boere wat van hul plase in Zimbabwe verdryf is. Volgens Agri SA het sowat 500 Suid-Afrikaanse boere hul grond in Zimbabwe verloor sedert dié land se omstrede onteieningsveldtog in 2000 begin het.

Grondgrype woed voort
Volgens Allafrica was daar voor die veldtog begin het sowat 4 500 boere in Zimbabwe van wie nou net ongeveer 300 oor is. Sowat 152 van die oorblywende boere word ernstig bedreig. Hy is ingelig oor ’n lys van kommersiële boere wat teikens van onteiening is, sê mnr. Charles Taffs, ondervoorsitter van die Commercial Famers’ Union (CFU).

Die SAOG-tribunaal het verlede jaar in Windhoek bevind dat die Zimbabwiese regering se grondonteieningsveldtog rassisties is en het beveel dat boere wat slagoffers van grondgrype was, vir hul grond vergoed word en dat hul regskoste betaal word. Ondanks dié bevinding en die ondertekening van ’n ooreenkoms vir wedersydse beskerming van beleggings (Bippa) tussen Suid-Afrika en Zimbabwe verlede jaar, het gewelddadige grondgrype toegeneem.

Die eerste stap
Volgens AfriForum sê mnr. Temba Mliswa, woordvoerder vir die Zimbabwiese regering, dat sy “regering daartoe verbind is om alle wit boere uit die land te sit”. Nóg Suid-Afrikaanse boere is sedert begin vanjaar van hul grond verdryf.

Mnr. Dolf du Toit en sy gesin van die Myazura-distrik, mnr. Ray Finaughty en sy gesin van Manda Farm en mnr. Gavin Woest in die Rusape-omgewing moes vlug, lui ’n berig van Allafrica.

Die doel van AfriForum se aansoek is om toestemming van die hof te verkry om die Zimbabwiese regering as ’n party te voeg in ’n hofaansoek teen dié land, luidens ’n verklaring van die organisasie. “Dit is die eerste stap in ’n regsproses wat ons toestemming sal gee om ’n regsverteenwoordiger na hulle (Zimbabwe) te stuur om hofdokumente te oorhandig,” sê mnr. Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, luidens ’n berig van IOL.

Bron:
Allafrica
IOL
Business Day
AfriForum
The Citizen

13 Januarie 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Jan Bezuidenhout

2010/01/13 03:21:44 PM

As Robbie M hom aan die sogenaamde "weste" se sanksies afvee en sy eerste minister (MDC) nie eers beryd is om openbaarlik te se dat hy die beleid gaan omkeer nie...stel ek voor dat afriForum eerder kersvader se takbokke loop melk! Daars net een oplossing vir Mugabe ,HOU OP OM SY VLUGTELINGE WERK TE GEE,JAAG HUL TERUG HUISTOE EN SE HULLE MOET HOM OMVER WERP!!


Hitler

2010/01/13 09:10:56 AM

Waarom mors julle kosbare tyd? Mugabe het nie n saak met enige wette behalwe sy eie wette nie, die SAOG-tribunaal het geen uitwerking op mugabe se beginsels om die wit boere uit die land te kry nie, hy moet eerder verdwyn saam met sy kabinets lede en eerder tereg staan op die moorde wat deur hom te doen is en die hele gespuis wat deel van dit was, dan sal Zim weer op die been kom, julle weet wat daar aangaan en julle weet dit is net n kwesie van tyd.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights