4 Junie 2012

404 keer gelees | 0 kommentaar

’n Raamwerkkonvensie oor tabakbeheer kan dié bedryf in Afrika pootjie, met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) wat die uitfasering van tabakboerdery voorstel.


Luidens ’n berig op Sake24.com laat dié dokument tabakboere se nekhare rys, want dit kan werksgeleenthede benadeel en ekonomieë laat verswak.

Die dokument stel voor dat regerings op die vasteland ’n beperking moet plaas op die hoeveelheid grond wat gebruik mag word om tabak aan te plant. Die WGO wil ook hê dat die beheerliggame van die bedryf wat met regerings skakel, ontbind moet word.

Intussen sê die Tabakkwekersvereniging van Afrika hy is gereed om teen die organisasie en die dokument weerstand te bied.

30 miljoen tabakboere
Volgens die vereniging bestaan sowat 30 miljoen tabakboerderye wêreldwyd en is miljoene mense in Afrika vir hul inkomste van die bedryf afhanklik. Dit is ook ’n beduidende bron van buitelandse valuta vir die vasteland.

“In Malawi is 7 uit elke 10 werkers regstreeks of onregstreeks van die bedryf afhanklik vir hul werk. Die tabakbedryf sorg vir 70% van die land se buitelandse valuta en maak 15% van Zambië se bruto binnelandse produk uit,” lui ’n verklaring.

Mnr. Francois van der Merwe, voorsitter van die Afrika-streek van Tabakprodusente, sê hulle is gereed om weerstand te bied teen ’n organisasie wat hoofsaaklik uit gesondheidsamptenare bestaan wat geen begrip het van die landbousektor nie.

Bron – Sake24.com



Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights