Deur ALANI JANEKE
14 Junie 2012

826 keer gelees | 0 kommentaar

’n Geskarrel om goedkoop boerderygrond in Afrika in die hande te kry, kan miljoene mense sonder water laat en die vasteland se riviere laat opdroog.


Sogenaamde grondgrypery in Afrika kan lei tot “hidrologiese selfmoord” op die vasteland, bevind ’n verslag deur Grain, ’n organisasie wat fokus op hulp aan kleinboere. Mnr. Henk Hobbelink, koördineerder, sê sou grondgrypery onverpoos voortgaan, sal die vasteland se mense uiteindelik sonder water wees, berig AllAfrica.com.

Volgens die verslag pik welgestelde individue en regerings van ander wêrelddele tans grond in Afrika op vir grootskaalse voedselproduksie en biobrandstofprojekte. Die verslag waarsku egter dat Afrika se riviere en watertafels nie genoeg water sal hê om al die nuwe landerye te besproei nie.

Miljoene dalk beïnvloed
Hobbelink sê miljoene mense kan hul toegang tot water vir alledaagse oorlewing verloor. Die verslag toon dat sommige gemeenskappe reeds van hul grond verskuif is om plek te maak vir reuse-projekte, terwyl ander se water vir alledaagse gebruik na plantasies herlei gaan word.

“Die ergste geval sal wees as ons inderdaad uiteindelik met ’n situasie sit waar die hele vasteland se riviere opdroog,” lui die verslag.

Die verslag genaamd Squeezing Africa dry: Behind every land grab is a water grab sê elke belegger wat grond in Afrika bekom, besef dat die water wat hy of sy sodoende kry, later meer waardevol kan wees as die grond.  Die meeste van die beleggers kom van Indië, Saoedi-Arabië, Libië, China, Qatar, Brittanje, Amerika, Frankryk en Kanada.

Bron: AllAfrica.com


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights