Deur ANDRIES GROENEWALD
19 Oktober 2012

1007 keer gelees | 2 kommentaar

Telers van Afrikanderbeeste sit op ’n goudmyn, meen veekundiges.


Veekundiges meen dat die telers van Afrikanerbeeste op ’n goudmyn sit, sê mnr. Pierre Fouché, voorsitter van die Afrikanerbeestelersgenootskap van Suid-Afrika.

Fouché het op die genootskap se eeufeesdinee naby Hoopstad gesê die verandering in klimaat en die hoë mieliepryse gaan hand aan hand met die besondere eienskappe van die Afrikaner om dit van die veld af te bemark.

“Ons beleef tans ’n goeie terugkeer na die Afrikanerras – wat net weer bewys dat dit voorwaar ’n ras met puik eienskappe is.

Regmatige aandeel
“Die vraag ontstaan hóé ons as telers hierdie goudmyn gaan ontgin om ons regmatige aandeel in die mark terug te wen.”

Die bestuur van die genootskap het ’n groot verantwoordelikheid om besluite uit te voer. “Net soos ons ook elke dag in die landbou voor groot uitdagings staan, staan ons ook as genootskap voor groot uitdagings.

“Daarom het die genootskap elkeen se bydrae nodig om vir nóg ’n 100 jaar só sterk te kan staan,” sê Fouché.

“Ek weet ons kan staatmaak op die Afrikanerbees en ons het nog altyd ’n wenner in dié rooi beeste. Ons hoop die volgende 100 jaar gaan net só geseënd wees soos die vorige 100 jaar.”


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


JC

2012/10/19 07:33:15 PM

Mnr. Fouche, jy is reg, maar ek het met Afrikaners groot geword... Die eerste keer deur geloop 4 jaar voor my vierde verjaarsdag... en 'n week gaan nie verby wat ek nie op die Web gaan om na Afrikaners te kyk nie... Tog moet ek julle waarsku teen die "onmanlike" bulle wat julle besig is om te teel... Elke jaar word die koppe ronder, fyner en geeler... En ja, ek kan nie praat nie, want ek sit in die VSA, en ons familie stoet is wyd verspreid in SA... maar die dag wat my laaitjie gebore is, en ek sy voorkop vir die eerste keer gesien het, was daar net een ding wat in my kop op gekom het, en dit was my oorlede pa se woorde... dit lyk soos 'n bulkalf... ek smeek julle, moet nie ingee en probeer "prikkel poppe" teel nie... sterkte! JC van Staden


FJ

2012/10/22 08:46:53 PM

Bonsmara se 'ma'. Get origenal. Die mercedes van alle rasse. Hulle kyk na hulleself. Die bees met die beste speen % in leeuwereld!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights