’n Geskiedkundige gebeurtenis het plaasgevind toe
Agri SA en
Cosatu onlangs om die onderhandelingstafel gesit het om verskeie kwessies te bespreek.
Die besprekings is gefasiliteer deur mnr.
Moeletsi Mbeki, ’n politieke ekonoom, mnr. Johannes Möller en dr. Theo de Jager, onderskeidelik voorsitter en ondervoorsitter van Agri SA, het die vergadering bygewoon.
’n Komitee wat personeellede van albei organisasies insluit, is op die been gebring om sekere kwessies te bespreek. Möller sê sodra die besprekings afgehandel is, sal ’n opvolgvergadering gehou word.
PositiefHy sê die vergadering is baie goed ervaar. P
laaswerkers se lone was nie bo-aan die agenda van kwessies wat bespreek is en moet word nie. “Die agenda handel eerder oor grondhervorming, infrastruktuurskepping en die skep van werksgeleenthede deur die landbou en oor die algemeen.”
Een van die kwessies wat wel ongunstig ervaar is, is ’n standpunt van die vakbond dat die prys van basiese voedselsoorte vasgestel moet word. “Maar na ons die talle uitdagings, soos of dit dan beteken dat grane teen invoerpariteit- of uitvoerpariteitspryse vasgestel moet word, en wat die invloed van produksiekoste kan wees, aan die vakbond verduidelik het, het dié standpunt verander,” vertel Möller.
Luidens ’n verklaring deur die organisasie sê Möller ’n uiters belangrike kwessie wat duidelik geword het, is dat boere sekere indrukke van vakbonde en hul optrede het. Terselfdertyd het vakbonde baie opvattings oor boere en hul doen en late. “Sonder ’n proses waar vertroue gewen word, sal die twee organisasies nie in staat wees om opbouend aan ’n beter verhouding te werk nie.”
BegripIn die samesprekings het een van die vakbondverteenwoordigers in ’n stadium gevra “hoe op aarde dit nog vir boere moontlik is om oeste te vervoer as vervoerkoste alleen so hoog is,” vertel Möller.
Die organisasie meen dat boere se uitdagings, soos die invloed wat geadministrateerde koste op produksie en gevolglik voedselpryse het, op die vergadering vir die vakbond duidelik geword het.
Möller sê: “Ek dink die verhouding kan ’n beter begrip vir boere se situasie, die kwessie van ’n boerdery van skaal en die rede vir die mislukking van grondhervorming onder die werkersklas van die land tot gevolg hê.”