Deur NICO VAN BURICK
14 Augustus 2012

810 keer gelees | 4 kommentaar

Dit kom voor of daar meer eenstemmigheid tussen Agri SA en Cosatu is as tussen Agri SA en die Regering.


Dit wil voorkom of daar in talle opsigte meer eenstemmigheid tussen Agri SA en Cosatu kan wees as tussen Agri SA en die Regering, sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA.

Sy organisasie het verlede week ’n geskiedkundige gesprek met dié vakbond gevoer. Mnr. Moeletsi Mbeki, politieke ontleder en ekonoom, het as bemiddelaar opgetree om die ontmoeting in Johannesburg te reël. Möller sê Cosatu verteenwoordig werknemers en wil byvoorbeeld bestaande werkgeleenthede beskerm.

“Ons in die landbou wil werk skep. Nie een van die twee partye wil sien dat plase onproduktief raak weens onoordeelkundige grondhervorming nie. Dit is byvoorbeeld ook in albei organisasies se belang om vervalle besproeiingskemas weer aan die gang te kry.”

Gereelde vergaderings
Möller sê daar sal voortaan gereeld op amptenaarsvlak geskakel word. Hy verwag dat daar formeel een of twee keer per jaar vergader sal word. Mnr. Patrick Craven, nasionale woordvoerder van Cosatu, sê die vergadering het só goed verloop dat daar beslis opvolggesprekke sal wees.

Van Cosatu se kant is die vergadering bygewoon deur mnr. Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal, en me. Freda Oosthuysen, tesourier. Aan Agri SA se kant was dit onder andere Möller, dr. Theo de Jager, ondervoorsitter, mnre. Hans van der Merwe, Johan Pienaar, Dan Kriek, Anton Rabe en me. Elize van der Westhuizen.

Die groei en ontwikkeling van die landbou, grondbeleid, voedselsekerheid, subsidies, arbeidskwessies en plaasmoorde was van die onderwerpe wat bespreek is. Ander onderwerpe sluit in voedselpryse, nuwe toetreders tot die bedryf, onderwys en opleiding, plaasskole en die vervoer van kinders, gesondheidsdienste, logistiek, wetgewing, kleinhandel, grondeienaarskap en korrupsie.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Charles

2012/08/14 10:51:57 AM

COSATU en van die landbouorganisasies het heelwat in gemeen. As die prys van kos of landbou produkte te vinnig stuig het COSATU n brobleem. As die prys van landbou produkte weer daal het landbouorganisasies weer n probleem. COSATU en landbouorganisasies in Suid Africa blameer die selfed persone vir prysdalings en prysstuigings dit is waarop hulle so baie in gemeen het.


Kuyvenhoven

2012/08/14 11:14:06 AM

Labor-union contract provisions present real roadblocks to the efficient operation of the food distribution industry. If some courageous research worker at Agri SA could document the costs of these institutional barriers, perhaps we could start making some progress in having them eliminated. Managers, employees, and chambers of commerce would protest against the elimination of inefficient plant units of the company. Labor-union representatives would object to the installation of new laborsaving equipment. There are many steps which the government could take but which would be unpopular with certain groups.


Kuyvenhoven

2012/08/14 12:02:25 PM

Just as consumer welfare is tied to the efficiency of the farm sector, the welfare of South African farmers is indirectly yet intimately tied to the efficiency of South Africa's distribution and processing system. National country efforts to improve marketing efficiency and accessibility as a way to reduce the margin between farm gate prices and retail prices will be a critical prerequisite for the continued viability of the South African farmer under a less regulated regional trading environment.


Gisela Weinmann

2012/08/14 01:41:20 PM

Kan net hoop dat Agri SA en Cosatu sal waarsku teen hoee ESKOM elekrisiteits pryse - as ons besproeiingsplase , wat buite werking is, weer van die grond af wil optel, moet elektrisiteits pryse vir die landbou afkom. Ek moes arbeid verminder omdat elekrisiteit ons landbou besigheid n knoei gegee het. Dankie vir die samesprekings wat blyk vrugtevol te wees.Almal vir meer werkegeleenthede sien geskep word, en dis nie net die "red tape " wat werkskepping verhoed nie, dis meestal die insetkoste van diesel en elektrisiteit wat ons arbeid verminder. Elektrisiteit word benodig om die besproeiing se water op die grond te kry. As die elektrisiteitstarief nog hoeer gaan word, sal daar beslis nie water op die lande kom om onproduktiewe besproeiingsplase weer te laat produktief word nie

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights