Deur ALANI JANEKE
1 Mei 2012

472 keer gelees | 3 kommentaar

Hef aan lê voor vir die proses rondom die E-tolstelsel, maar Agri SA gaan sy volle gewig daarby ingooi.


Hef aan lê voor vir die proses rondom die E-tol-stelsel nadat ‘n interdik teen die inwerkingstelling daarvan toegestaan is, sê Agri SA.

Luidens ‘n berig in Volksblad kan geraamtes oor die stelsel, wat jare lank al in die kas skuil, moontlik later vanjaar blootgelê word.

Volgens mnr. Pieter Conradie, lid van die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (BTST), sê alle dokumentasie rakende besluite oor die stelsel en tariewe moet nou aan die BTST verskaf word. Dít volg op die beslissing van die Noord-Gautengse Hooggeregshof om die interdik, waarvoor BTST aansoek gedoen het, toe te staan. Die interdik bepaal dat die stelsel hersien moet word.

Alle rekords aangevra
Hy sê hulle het volledige rekords, wat alle kontrakte insluit, van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap en die Minister van Vervoer aangevra.

Volgens Conradie kan die proses twee tot drie maande duur, mits die Regering sy samewerking gee. ‘n Moontlike appèl aansoek deur die Regering sal wel nie die hersieningsproses beïnvloed nie. “Die hersiening sal voortgaan. Wat kan gebeur indien ’n appèl goedgekeur word, is dat die e-tolstelsel in werking tree, terwyl die hersieningsaansoek voortgaan.”

Landbou sal betrokke raak
Intussen sê mnr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, hulle sal “baie beslis” betrokke raak by die hersieningsproses sover dit insetkoste vir boere aangaan.

Hy sê dié landboubedrywe wat die meeste deur dié tolgelde geraak sal word, is ook die mees arbeidsintensiewe bedrywe – die vrugte- en groentebedrywe. “En hulle is die jaar reeds deur hoë loonverhogings en ander insetkoste getref.”

“Ons sal nie energie spaar om betrokke te raak as dit daaroor gaan om boere ‘n paar rand te spaar nie,” aldus De Jager.

Bron: Volksblad

1 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Belastingbetaler.

2012/05/02 10:45:57 AM

Is dit nie 'n beleggings plan van die staat se pensioenfonds nie, aangesien hulle die meerderheid aandeel daarin het. Klink amper asof die ETol stelsel in die lewe geroep is sodat motoriste 'n beter opbrengs vir die pensioenfondes kan bewerk? Baie slim. M.a.w. skil nog bietjie meer af van die middel en hoërklas groepe na die armes toe. Ek het gehoop dat Afriforum uiteindelik die voertuig is wat die minderheidsgroepe bymekaar snoer! Dit lyk dan vir my gaan ook nie werk nie?


butch van Blerk

2012/05/01 08:27:25 PM

Mnr de Jager - as agrisa nie hierby betrokke raak nie ( en dit sluit anders organsisasies in), moet hy nie later kla as hy irrelevant raak nie


Verwarde Melkboer

2012/05/01 03:48:28 PM

Net bly dit is nie Afriforum wat betrokke raak nie, want hulle sal die een ook opmors.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights