20 Julie 2012

731 keer gelees | 0 kommentaar

Die gebruik van kinderarbeid is nie net onwettig nie, maar ook moreel onaanvaarbaar en dit moet gestraf word, meen Agri SA.


Die gebruik van kinderarbeid is nie ’n praktyk wat in die gevestigde kommersiële landbou voorkom nie. Agri SA sê luidens ’n verklaring inspeksieverslae van die Departement van Arbeid bevestig dié stelling. Die organisasie se algemene raad het die kwessie die afgelope week tydens ’n vergadering bespreek.
 
Die organisasie sê indien gevalle gevind word waar kinderarbeid wel op plase gebruik word, die reg sy gang moet gaan om sodanige oortreders aanspreeklik te hou.
 
Steun
Die organisasie het ook sy steun toegesê aan me. Mildred Oliphant, die Minister van Arbeid, se oproep teen die gebruik van kinderarbeid. Agri SA vereenselwig hom ook met die Nasionale Dag teen Kinderarbeid wat Donderdag in Tzaneen in Limpopo gehou is.
 
“Dit is Agri SA se standpunt dat die gebruik van kinderarbeid onwettig sowel as moreel onaanvaarbaar is,” lui die verklaring.

"Die definisie van kinderarbeid is die volgende: Werk wat deur kinders onder die ouderdom van 18 jaar verrig word, wat tot misbruik kan lei en gevaarlik en onvanpas vir ’n kind is, hul skoolonderrig benadeel, en wat ook die sosiale, fisieke, verstandelike, geestelike en morele ontwikkeling van ’n kind strem.
 
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights