Deur ALANI JANEKE
24 Oktober 2012

776 keer gelees | 7 kommentaar

Lede van die publiek moet deelneem aan die openbare proses oor Eskom se nuutste verhogings, sê Agri SA.


Openbare verhore oor Eskom se nuutste aansoek om die verhoging van kragpryse sal in Januarie volgende jaar plaasvind, en almal word aangemoedig om seker te maak hul saak word gestel.

“Dit gaan uiteindelik van die gehalte van die debat in dié verhore afhang of Eskom se aansoek toegestaan sal word, al dan nie,” aldus mnr. Dawie Maree, senior ekonoom by Agri SA.
 
Maree sê hulle is deurentyd met die kragvoorsiener in gesprek, en hulle sal beslis aan die openbare verhore deelneem. Eskom het verlede week ’n aansoek by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) ingedien waarin hy vra om ’n verhoging van 16% per jaar vir die volgende vyf jaar.
 
Die tariewe
Luidens ’n berig in Beeld verteenwoordig dít ’n styging van sowat 110% vir die hele tydperk vir sakelui en verbruikers. Die verhogingstruktuur verskil vir bedrywe asook vir armer gemeenskappe, maar die hoogste tarief wat gevra sal word sal van 61c per kWh tot 128c per kWh opskiet.
 
Nersa sal sy besluit in Februarie aanstaande jaar aankondig, en die nuwe verhogings sal in April volgende jaar inskop vir diegene wat hul krag regstreeks by Eskom koop. Die land se 184 munisipaliteite wat krag by Eskom koop, sal die verhogings op 1 Julie 2013 aan verbruikers wat van hul krag afhanklik is, deurgee.
 
Landbou
Maree sê in sy aanbieding het Eskom dit duidelik gemaak dat die landbou se krag steeds gesubsidieer sal word, en die verhoging boere minimaal sal beïnvloed. “Dit sal sowat 50c per kWh uur wees.”
 
Intussen het Eskom vandag sy toekomsplanne vir kragvoorsiening aan onder meer die landbousektor bekend gemaak. Maree sê die kragvoorsiener wil teen 2040 hernubare krag in sy kragsamestelling inbring om die gebruik van steenkool aansienlik te verminder. Die meeste van dié hernubare krag, son- en windkrag, sal van die kusgebiede van die Oos-, Wes- en Noord-Kaap afkomstig wees.
 
Bron: Beeld
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Kemp

2012/10/24 10:32:23 AM

Ek is `n kleinboer, my Eskom rekening vir Sept 2012 vergeleke met Sept 2011 is 109% hoer. Dit breek my hart maar met die voorgestelde verhogings gaan ek een van my arbeiders moet afdank. Hy is `n broodwinner vir `n groterige gesin waarvan 2 skoolkinders is. Ek het absoluut geen ander keuse nie


Brakanjan

2012/10/24 01:04:28 PM

Skokkend! Eskom moet sy kontrak met BHP Billiton oordoen, dan kan Eskom nog ekstra R5 biljoen inkomste kry. Sodoende hoef Eskom nie sulke kragverhoging te vra nie.


Gisela

2012/10/24 02:37:39 PM

Ja ek het al 4 van die 8 werkers moes afbetaal omdat ESKOM nie inkomste effektief kan aanwend nie. Die staat sal nou moet sorg vir hulle. Dis n bose kringloop


garth

2012/10/24 06:23:11 PM

voor ek krag gebruik loop my network en service charge op my 4 punte alleen R48oo per maand:dan kom my krag gebruike eers by belaglik en dan moet ek goedkoop kos produseer .ek ook al 2 werkers laat loop deur eskom so malle tarieve.


garth

2012/10/24 06:27:13 PM

as eskom se baas miljoene kan pay hoekom sny hul dan van sy pay nie ,nee wat hul vitrap ma die armes omdat hul geen oppisie het nie


butch

2012/10/24 10:26:02 PM

Hierdie gaan 'n maak en breek optrede van Sa Landbou verg - dit sal die laaste strooi vir melk. besproeiing. hoenderplase en wat ook al nog wees . As Eskom en Nersa toegelaat word om hiermee weg te kom, sal dit nag vir voedselsekerheid in sa wees. Eskom en Nersa gee geen geen snars hiervoor om en dien duidelik roekeloos slegs hul eie belang. Hierdie is vyandige optrede teen Sa besigheid en landbou en moet in watter geregsforum ook al beveg word deur besigheid sa en landbou - dit sal lanbou en besigheid se laaste kans wees! As alle ekonome en besigheid dit afskiet, MOET eskom en nersa se bedoelings sinister wees


butch

2012/10/25 08:14:47 PM

Me Hillary Joffe van Eskom is op rekord dat grootskaalse bedrog en korrupsie by eskom gevind was ongeveer 2 jaar terug - Wat het daarvan geword Me joffe - en waar is die geld - kragbetalers soek antwoorde by julle bestuur, want kragbetalers moet vir julle bestuur se knoeiwerk betaal.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights