Agri SA se fokus verskuif – Möller

Deur Theuns Botha
10 Augustus 2017
Agri SA moes sy manier van doen aanpas omdat ʼn “aasvoël-elite” deesdae Suid-Afrika se sake bestuur.

Met ’n “aasvoël-elite” wat deesdae die land se sake bestuur en beheer, was dit vir Agri SA nodig om by die veranderings aan te pas. Waar voorheen hoofsaaklik op beleidsformulering en -oordrag gefokus was, het die klem nou na die praktiese implementering daarvan, soos droogtehulp verskuif, sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA.

Möller het op Agri Oos-Kaap se jaarkongres gesê dat waar die organisasie vroeër veral by die ontwikkeling van netwerke betrokke was, dit nou toenemend as fasiliteerder van transformasie optree.

“Dit is net soveel beter om dit self te doen en sodoende verseker dat dit vir diegene wat die voedselsekerheid in die land verskaf aanvaarbaar sal wees. Kommersiële boere se bydrae tot voedselsekerheid in die land beloop meer as 90% en dit is nodig om ’n omgewing te skep waarin hulle steeds meer en beter kan produseer.”

Van ideologie tot ekonomie
As daarin geslaag word om grondhervorming van ’n ideologiese konsep na ’n ekonomiese een te verskuif waarin boere oor kleur- en geslagsgrense deel en bereid is om kapitaal te ontsluit, wag’n goeie toekoms op landbou, het Möller gesê.

Met meer as 25% van die land wat nog in die wurggreep van die droogte is, het hy gevra dat boere hande sal vat om dit en ander uitdagings in die land te bowe te kom.


Kommentaar

Kommentaar (5) “Agri SA se fokus verskuif – Möller

  1. Saaiboer
    Saaiboer

    Kan mnr. Moller asb verduidelik wat bedoel hy met die stelling “waarin boere oor kleur- en geslagsgrense deel en bereid is om kapitaal te ontsluit”. Dan wil ek net seker maak, verstaan ek reg dat transformasie nou Agri SA se hoof doelwit is?

  2. mkruger
    mkruger

    Kom ons hoop hulle druk deur hiermee.

  3. Attie van Wyk
    Attie van Wyk

    My boerdery is my besigheid. Dis my lewe en identiteit.Dis waarvoor ek werk en lewe.Dis my ekonomie.
    dis waarvoor ek Bid en Vertrou..

    Dis n belaglike en om die bos leidende stelling dat : “te verskuif waarin boere oor kleur- en geslagsgrense deel “, n verskuiwing na n Ekonomiese konsep sou beteken..!

  4. Steve
    Steve

    Ai tog,

    Hoe lank gaan ons boere hierdie organisasie nog vertrou.
    Ons leer ook nie tot dit eers te laat is en die pyn dodelik is nie.

    Kyk tog na die vrugte van diegene wat so van transformasie praat, klink dit nie bekend nie,
    dis mos NP beleid daardie.

    Julle word steeds aan julle neuse “gely” en verdra dit, waarom weet ek nie…
    miskien is die misleiding so toksies dat julle eenvoudig voortstroppel.

    Binnekort gaan julle oorrompel word en alles verloor.

    Eina, my volk is broos en word op sleeptou geneem deur mense wat beter moet weet, maar swyg.

    Ware leiers is daar maar min te vinde.

  5. Andre Lemmer
    Andre Lemmer

    DANKIE …AGRI SA…en SPAN KUNDIGE LANDBOU LEIERS.
    LANDBOU RSA EN AFRIKA SOEK STERK LANDBOU LEIERS en KUNDIGES.
    BESTUUR DIE TOEKOMS …NIE DIE VERLEDE….STERKTE.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels