9 Julie 2012

1783 keer gelees | 1 kommentaar

Altesame 60 plaasaanvalle en 20 plaasmoorde is vanjaar al deur die TLU SA in sy statistiek aangeteken.


Die aantal plaasmoorde wat sedert 1990 in Suid-Afrika gepleeg is, staan volgens die TLU SA se statistiek op 1 571. In dieselfde tydperk is 2 788 plaasaanvalle opgeteken, sê mnr. Henry Geldenhuys, voorsitter van die TLU SA se veiligheidskomitee.

Hy sê dié statistiek word bygewerk wanneer voorvalle by die organisasie aangemeld word, en ook deur inligting wat hulle in die media kry. Die statistiek sluit voorvalle op plase en op kleinhoewes in. Die syfer vir die jaar staan op 60 plaasaanvalle en 20 plaasmoorde wat gepleeg is.

Geldenhuys sê hulle vermoed dat hul statistiek redelik akkuraat is. Hy sê met ’n tweede fase van die boek Treurgrond, waarin plaasmoorde tussen 1990 en 2010 opgeteken is, is gemeenskappe gevra om voorvalle wat nie in dié boek genoem is nie, aan te meld. Hulle is van nog net sowat 10 gevalle wat nie opgeteken is nie, in kennis gestel.

3 000 moorde?
Me. Dianne Kohler-Barnard, die Demokratiese Alliansie (DA) se woordvoerder vir veiligheid, sê volgens ’n verklaring die aantal plaasmoorde wat sedert 1994 gepleeg is, het al die 3 000-merk verbygesteek.

Sy moedig mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, aan om die kwessie van landelike veiligheid ernstig op te neem en die landelike beveiligingstrategie daadwerklik toe te pas.

Verskeie versoeke in dié verband is al aan die minister gestuur, maar Kohler-Barnard sê: “Ek het nog nie die hoflikheid van terugvoering gekry nie.”

Die Polisie se sogenaamde “landelike veiligheidsblad” sê al vir ’n geruime tyd “opgedateerde inligting sal binnekort gepubliseer word.”

“Suid-Afrikaners kan nie langer wag vir ‘binnekort’ nie, hulle het die plan nodig en hulle het dit nóú nodig,” aldus Kohler-Barnard.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


GW RAAD

2012/07/12 10:07:50 AM

moet nie julle asems ophou nie. die volstruis se kop is nog in die sand totdat dit te laat is.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights