14 Augustus 2012

1391 keer gelees | 0 kommentaar

In die derde plaasaanval binne drie dae in SA is ’n plaasbestuurder naby Ladybrand met kapmesse aangeval.


Mnr. Allen Rodgers, ’n Amerikaner wat die plaas Geluk naby Ladybrand bestuur, is deur drie mans aangeval wat hom in sy plaashuis ingewag het.

Die aanvallers het ook sy vriendin, Mandy, in die huis oorval en vasgebind. Volgens ’n boer van die distrik is Rodgers “sleg gewond”.
 
Die aanvallers het glo sowat R10 000 en selfone gesteel. Volgens mev. Amanda Appelgryn van die Bloemfontein Medi-Clinic is Rodgers in ’n stabiele toestand in die hospital.

Rodgers boer vir die Amerikaanse maatskappy SBH Farms, wat onlang werkers op die plaas afgelê het. Daar word nou gespekuleer dat die afleggings moontlik iets met die aanval te doen kan hê.
 
Landbou.com het Maandag (13 Augustus 2012) berig van ’n plaasaanval by Hartebeesfontein waarin mev. Ronél van Eyk vermoor is, sowel as ’n plaasaanval by Jansenville waarin mnr. Owen Charles vermoor en sy vrou, Janet, ernstig beseer is.

Bron: Volksblad

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights