23 Julie 2012

3483 keer gelees | 16 kommentaar

’n Kenner oor volksmoord en die voorkoming daarvan besoek Suid-Afrika dié week om onder meer plaasgeweld te bestudeer.


Die tema van plaasgeweld en -moorde sal dié week weer onder die soeklig kom met ’n Amerikaanse deskundige wat Suid-Afrika besoek.

Dr. Gregory Stanton, hoof van Genocide Watch, sal ’n kans kry om met boere op ’n distrikslandbou-unievergadering te gesels, terwyl hy ook die geleentheid sal kry om met leiers in die land skouers te skuur.
 
Die TLU SA sê Stanton sal dié week deelneem aan ’n daglange konferensie oor Suid-Afrikaanse beleide wat deur die FW de Klerk-stigting aangebied sal word. Stanton is ook ’n professor in die navorsing van volksmoordstudies en -voorkoming by die Skool vir Konflik-analise en -beslegting by die George Mason-universiteit in Arlington, Amerika.
 
Opweging
Volgens ’n verklaring sê die organisasie dit is belangrik dat Stanton se reaksie oor die situasie in Suid-Afrika aandag moet geniet.
 
“Die TLU SA sal poog om sy eie insigte ten opsigte van geweldsmisdade op plase en die onbenydenswaardige posisie waarin talle plaasbewoners hulself bevind, op te weeg teen die kennis en studies wat Stanton versamel het.

Sy werk word internasionaal erken en sy kommer oor die situasie in Suid-Afrika vereis bespreking en oorweging”, aldus mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die TLU SA. Stanton sal Donderdag (26 Julie 2012) sy indrukke op ’n mediakonferensie meedeel.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Ibotha

2012/07/23 04:54:05 PM

Ek sal nie aanbeveel dat De Klerk by moet wees nie, dis deur hom dat als begin het....sal hy dit kan regkry?


Deon

2012/07/23 08:42:22 PM

Belaglike opmerking lbotha .... (Klink of jy moet teruklim in die ark in !)


mkruger

2012/07/24 08:26:58 AM

Deon ek is so bly daar is ouens soos jy nog oor. FW het nie self besluit watter rigting die land moet ingaan nie. Daar is baie wat 20 jaar terug teruggesit het en gehoop het dat alles gaan reg uitwerk. Nou dat dinge nie so lekker uitwerk nie wil hulle vinger wys. Pleks dat hulle 20 jaar terug hom probeer stop het. Wat se die gesegde: "onthou as jy vinger wys, wys vier terug na jou"


George

2012/07/24 08:26:39 PM

FW is n man wat niks vir sy volk voel nie!Tydens die onderhandelinge voor 94 was hy te besig om sy beste vriend van sy vrou te beroof!Kyk eers watter soort man hy is en probeer dan sien waar so n man jou in die steek sal laat.Hoe het hy en Oom Pik van PW ontslae geraak?Vra al die vrae en soek die antwoorde op en jy sal gou agterkom waar so n tiepe mens jou langs die pad sal laat!!!


Glenn

2012/07/25 09:36:44 AM

Waarom iemand van buite kry? Hierdie persoon weet niks van Suid Afrikaanse omstandighede nie en sal weer gebreinspoel word deur die ANC regering om hulle opinie te verkondig.Tydmors!


Grietels

2012/07/25 10:43:46 AM

Glenn, ek stem heelhartig saam met jou. 'n Amerikaner? Shame!


Bees

2012/07/26 07:26:02 PM

Daar is net een oplossing,,pak die bul by die horings,,ons as Boere moët vir die regte party begin stem insluitende die plaaswerkers,,Dan moet ons begin om geen nonsens meer te vat nie,,as daar iemand op jou plaas kom wat nie daar hoort nie hom maar reg help soos in die ou dae,, Ek wonder of zuma ooit weet wat zero tolerens beteken,,kom ons pas dit as Boere toe aangsien die regeering daar voor Staan


WH Kruger

2012/07/26 08:51:04 PM

Ek sien dit n bietjie anders. Ons het regtig nou al die hulp nodig wat ons kan kry. Die regering luister nie na ons nie. Ek se, gee dit n kans. Dankie aan die TLU. Staan vas. Dit is ook goed om te sien dat die FW de Klerk stigting meer betrokke raak. Bring goeie nuus.


Elsabe

2012/07/27 06:24:16 AM

Komaan, mense, tenminste is hier iemand uit die Weste wat wil kom kyk en hoor wat aangaan. Dalk, net dalk, kan ons boere hulp kry uit Amerika, want uit die ANC gaan daar nie hulp kom nie, of hoe?


Wessel

2012/07/27 12:37:08 PM

Ek is glad nie plaas eienaar nie maar dra hulle belange op my hart daar ek familie het met plase gee buite staander kans ten minste die regte agter grond kennis Boere moet op hou om altyd die negatiewe te sien links en regs te trek ,wees eenkeer samehorig in jul probleme kry een ordentlike leier en nie altyd almal probeer leiers wees wat in elk geval net sy eie opinie steun nie Dit versteur my erg glo ander buite standers ook Ek glo dit kan net beter gaan Lekker boer


Eldrick

2012/07/27 07:20:37 PM

Een ding van die boere ons vertrou en vergeet te gou. Ons hoef nie ver te soek nie. Piet Retief het daardie mense vertrou en hy is gedood en nou het ons hulle weer probeer vertrou. Daar bewys hulle dit weer.


Willem C Smit

2012/07/29 01:03:26 AM

'n Bietjie meer as 'n honderd jaar terug het Amerika en Australia vir Engeland ondersteun met sy oorlog teen Suid Afrikaanse boere. Ek verstaan dat daar selfs 'n swart regiment was wat deur Engeland opgekommandeer was om plase af te brand? Daar word tot nou toe nog nie erken dat volksmoord gepleeg is teen die boere nie, en ons staan nou maar eers op ongeveer 3 000 plaasmoorde teenoor 26 000 van Engeland (slegs vroue en kinders)? Dit verg nie 'n kenner om die sommetje te maak nie. Die wereld voel niks vir ons situasie nie, behalwe dalk Dr. Stanton


francois

2012/07/29 10:51:33 PM

Kom ek is eerlik manne ek kom van klein platelandse dorpie,ek werk vir die laaste 10 jaar oorsee en druk baie van my geld trug in boerdery in suid africa ,ek was seker in 25 verskillende lande in die wereld die prentjie wat ek sien is dat die res van die wereld nie baie simpatie met ons afrikaners het nie,Ek dink suid afrikaanse boere is van die beste in die wereld,my raad aan suid afrikaanse boere ons sal moet saamstaan want die res van die wereld gee nie baie om oor ons die antwoord le in ons self,en ek praat uit ondervinding mense ons moet wakker word!!!!


Gouws

2012/07/30 07:50:44 AM

En daar wys Afrikaner weer vinger na mekaar. Almal het altyd iemand om die skuld op te pak plaas daarvan om die wat probeer om die situasie verbeter, te ondersteun. Julle wil gebeure aanhaal van oor die 150 jaar terug maar wie van julle se kinders weet wie Piet Retief ens was. Moenie sê die skole leër dit nie meer vir hulle nie, dit is elkeen se plig om ons kinders te sê waar ons vandaan kom en hoe ons hier gekom het, of is dit ook F.W. se skuld dat hulle dit nie weet nie. Dit ons plig om vir ons kinders `n plek hier te verseker.Wessel sien darem lig,ek ook!Ons kan ons toekoms verseker.


Hanri

2012/07/30 05:46:57 PM

Slegs die tyd sal leer of enige iemand sy toekoms kan verseker in afrika. Die feite van die verlede in Afrika is nie so optimisties nie. Miskien sou dit maar net beter gewees het as mense so n bietjie voorkomend kon opgetree het in doen en late, om baie hartseer te spaar.


Fox

2012/08/01 11:14:28 PM

Elsabe,ek moet jou teleurstel,jy kan nie appels met lemoene vergelyk nie.VSA is op n heel ander golf lengte as ons.daai mannetjie maak sy $ en hys weer oppad,dink jy hy vlieg en kom gee raad, verniet?? hulle het nie boere wat vermoor word soos hier by ons nie.meeste mense wat da ve boere werk is wit en amper 40% kom van SA af!!! laat jou dink ne...!!!laastens, ons land is n wettelose land,as daai gedeelte uit gesorteer is dan is ons wee tops,hulle se mos jy moet jou leier volg,wel as hy korrup is wie of wat volg jy,dan sal ek mos maak wat my leier maak!!!As Stanton die mag het om die parliment skoon te maak,dan se ek, bring sommer nou.Onthou meeste van ons swartes is " mushrooms ", hoop jy ken daai " gesegde " dankie

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights