Menu
 

Deur ALANI JANEKE
13 Februarie 2013

6272 keer gelees | 3 kommentaar

Altesame twee renosters word tans daagliks vir hul horings in SA doodgemaak, met 96 renosters in 44 dae afgemaai.


Suid-Afrika het nie meer en meer van dieselfde strategieë nodig om renosterstropery hok te slaan nie. Mnr. Pelham Jones, voorsitter van die Vereniging vir Private Renoster-eienaars (PROA), sê hulle het al verskeie kere aan die Regering verduidelik dat die ontplooiing van die Weermag in die Kruger-wildtuin en nóg wildbewaarders nie die probleem gaan oplos nie.
 
Die organisasie stel steeds voor dat handel in renosterhoring gewettig word sodat ’n lewende renoster uiteindelik meer werd is as ’n dooie renoster. Jones sê hulle was baie teleurgesteld dat me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsake, nié ’n aansoek in dié verband betyds aan die internasionale komitee vir omgewingsbewaring Cites, voorgelê het nie.
 
Die volgende geleentheid daarvoor sal eers in 2016 wees, en teen daardie tyd kan Suid-Afrika al 2 000 renosters verloor het.
 
Een renoster elke 11 uur
Volgens die jongste statistiek van die staat is 96 renosters reeds vanjaar doodgemaak. Altesame 66 van dié renosters is in die Kruger-wildtuin deur stropers doodgemaak, en 34 verdagtes is al daaroor in hegtenis, met 13 vermeende stropers wat die afgelope week in die Wildtuin, Johannesburg en Limpopo aangekeer is.
 
Noordwes het in die eerste 44 dae van die jaar 11 renosters verloor, met 10 wat in KwaZulu-Natal doodgemaak is.
 
Intussen het Molewa haar tevredenheid uitgespreek met die voorgenome afkeuring van ’n aansoek van Kenia dat geen uitvoer van wit renostertrofees uit Suid-Afrika en Swaziland ten minste tot die CITES kongres in 2016 mag plaasvind nie.. Die voorstel sal wel nog tydens die CITES 13-kongres volgende maand in Bangkok, Thailand, bespreek word.
 
Jones sê hulle was ook gekant teen die voorstel, want dit sou vir die reeds sukkelende private sektor ’n groot terugslag gewees het.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Kobus Els

2013/02/13 09:21:04 PM

Ek sit nou en dink. Die renoster probleem se antwoord lyk vir my eenvoudig. Dis nie ‘n bewarings issue nie maar wel economies. Die monster afgod mammon is mos waaroor alles in die wereld gaan. Die spoor van verwoesting is duidelik sigbaar rondom ons maar ons beur voort om hom te dien. Terug na die renosters. In ekonomie is daar die eenvoudige beginsel van vraag en aanbod. Hoe groter die vraag en kleiner die aanbod hoe hoer die prys. (Dis mos darem al lankal vasgestel) Solank die prys van horings hoog is sal dit gesteel word. Net so min soos kabel diefstal gestop sal word sal renoster stropers gestop word. Die antwoord is om die prys van horings te verlaag. Hoe? Verhoog die aanbod of verlaag die vraag. Hoe? 1. Bring ‘n skoolvak op laerskool in in Taiwan en China in met die naam “Rhino Horn – no help – no good”. Oor 30 jaar sal ons die vrugte pluk. 2. Verkoop die magdom horings wat tans nie verkoop mag word nie. 3. Wettig die oes van horings deur renosterboere en die verkoop daarvan. Soos ‘n Angora boer die bokhaar afskeer of volstruis boer vere pluk, haal die renoster boer die horing af. Ek het begrip vir die tannies van Sandton wat aanvoer dat die horing nodig vir die renoster vir sekere sosiale funksies. As ons egter wag vir die nuwe vliegtuig in die Kruger Wildtuin om die stropery te stop gaan ons een van die dae vir ons kinders ‘n vlakvark wys en sê ‘n renoster het omper net so gelyk net groter. As julle my nie glo nie vra vir Mike Schussler. Laat ekonomiese kragte help om die renoster te beskerm


leon joubert

2013/07/31 03:45:04 PM

Ek sit nou die dag en dink hoe n mens die renosters in die nag kan bewaar en dink aan die Amerikaanse droan vliegtuie en as ek reg is het die weermag her ook kleiner weergawes van die vliegtuie. Dink so daar aan 'n klein vlietuigie met infrarooikamera aan wat 'n baie groot gebied in die nag kan bespiet.As die renosters gemerk is met sensors kan jy die gebied in 'n area van twintig km bespiet vir enige menslike beweging, Wat jy net elke uur of twee hoef te doen veral as jy kan uitwerk watter afstande te voet 'n peRsoon in die betrokke terrein kan doen.Die vlietuig kan ook die reaksie mag bystaan om presies te bepaal waar die oortreders is,of die oortreders kan teruggejaag word oor die grens deur flairs op hulle af te gooi. Ek voel die opsies is eindeloos. Leon Joubert


Jonathan Terblanche

2013/10/23 02:35:30 PM

Ons klas is besig met n renosterstropery-ondersoek. Dit lê swaar onder my hart dat ons renosters daaronder moet ly en dat hul horings gestroop moet word. Ons het ook geleer met verloop van jare is al meer renosters gestroop en diegene wat renosters stroop, het nie eintlik 'n vaste inkomste nie; hulle doen dit van hand tot mond. Hoekom vang hulle nie liewer paddas in die pype en vind uit wat hulle daarmee kan maak nie. En los ons renosterhorings uit.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.