Deur ALANI JANEKE
28 Junie 2012

1837 keer gelees | 1 kommentaar

Geen onteiening sonder vergoeding of veranderinge aan die Grondwet oor grondhervorming sal plaasvind nie, het die ANC besluit.


Die stryd oor onteiening sonder vergoeding en veranderinge aan die Grondwet oor grondhervorming is deur die ANC se kommissie oor grondhervorming beëindig.

Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het haar Donderdag (28 Junie 2012) glo na pres. Jacob Zuma gehaas om dié besluit aan hom oor te dra.

Joemat-Pettersson het aan City Press gesê dit was ’n aand en oggend van moeilike debatte, maar die besprekings en debatte was baie nugter en verantwoordelik. “Ek dink ons kan vol vertroue wees dat integriteit sal seëvier in ons besluit.”

Voedselsekerheid

Volgens die koerant het die minister gesê hulle besef dat, hoewel grond ’n emosionele kwessie is, dit ook sentraal staan ten opsigte van die ekonomie. “Ons is vasbeslote om voedselsekerheid te beskerm en ons wil op geen manier onbestendigheid hê nie.”

Joemat-Pettersson sê in Artikel 25 van die Grondwet word reeds voorsiening gemaak vir onteiening, maar teen vergoeding. Dit word net nie sterk genoeg toegepas nie. Sy sê die grondoudit behoort teen einde vanjaar voltooi te wees, en dit sal grondhervorming bespoedig.

Die minister het die nuus ook aan dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, oorgedra. Volgens De Jager is hulle dankbaar vir duidelikheid oor dié kwessie, aangesien dit die landbou die afgelope paar jaar duur te staan gekom het wat beleggings betref.

Geen verrassing
Mnr. Harald Pakendorf, politieke ontleder, sê dié aankondiging is nie vir hom ’n verrassing nie. “Ons weet al ’n tyd lank dat die ANC nie die Grondwet sal verander nie, en die Grondwet laat nie onteiening sonder vergoeding toe nie.”

Zuma sal na verwagting Vrydag (29 Junie 2012) in terugvoersessies oor die 13 beleide wat by die kongres bespreek is, terugvoer gee oor ook dié kwessie.

Bron: City Press


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Andre Appelgryn

2012/06/29 10:59:47 AM

Dit is baie goeie nuus! Ek wonder maar net oor die groenskrif wat nog daar le ,waarin daar allerhande voorstelle gemaak word! Is hierdie verklaring nie maar net om die eienaars van grond te paai, solank daar aan die groenskrif gewerk word nie, of totdat daar n nuwe Minister is nie! Ek vra maar net!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights