Deur ALANI JANEKE
7 Maart 2012

648 keer gelees | 1 kommentaar

“Die ANC het van homself begin weg beweeg,” sê Adjunkminister Derek Hanekom oor onlangse stellings rakende grondpryse en hervorming.


“Die ANC het van homself begin wegbeweeg ” sê mnr. Derek Hanekom, Adjunkminister van Wetenskap en Tegnologie, oor stellings rakende grondpryse en hervorming.

Hy het tydens Graan SA se 2012-kongres dié antwoord op ‘n stelling van mnr. Louw Steytler, ‘n lid van die organisasie, gegee.

Steytler het uitgewys dat die Regering en die regerende party weg moet beweeg van stellings dat grondhervorming misluk weens verhoogde grondpryse en boere wat nie hulle grond wil verkoop nie. Hy is baie gefrustreerd dat in plaas van om die werklike probleme uit te wys, word stellings oor grondeienaars gemaak.

“Dit doen ons sektor skade aan. Die ANC beweeg verder weg van ons af. Daar word nie gefokus op die massiewe korrupsie en gebrek aan kundigheid en vaardigheid om dié proses deur te voer nie.”

Beweeg nie na ‘n Zimbabwe
Wat kommer oor Suid-Afrika se toekoms en ‘n moontlike Zimbabwe grond-scenario betref, het Hanekom gesê: “Ek wil julle gerusstel, hoewel daar interne gevegte is, beweeg ons nie in die rigting van ‘n Zimbabwe nie – ons sal altyd die doelwitte van ‘n groeiende ekonomie najaag.”

Volgens Hanekom kan die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling slegs homself blameer vir grondpryse wat sogenaamd opgejaag word omdat dit staat dit vir hervorming moet koop. “ ’n Grondeienaar gaan mos vir seker die hoogste prysaanbod vir sy grond aanvaar. Die swakhede is sy (die departement) se eie swakhede, die foute sy eie foute. Ons sal nie die onteiningsroete vat nie.”

'Trusts nie toegemaak'
Wat die beweringe rondom landboutrusts betref en me. Tina Joemat-Petersson se beweerde voorneme om trusts toe te maak, sê Hanekom: “Ek sal dringend met haar daaroor praat. Dié trusts kan nie weggemaak word nie!”

“Daar is al aan my uitgewys dat die swakpunte in die trusts gewoonlik die verteenwoordigers van die regering is wat nie die mas opkom nie,” aldus Hanekom.

Lees meer oor dié saak.

7 Maart 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/03/07 03:52:58 PM

Mnr. Hanekom sê asb. vir die regering om mense op grond te sit met baie of sonder geld maak geen verskil nie. As hulle nie wil of kan of sal boer nie is al die geld in die wêreld en al die grond in die wêreld niks werd nie. GROND KAN NIE ARMOEDE UITROEI NIE. Dit is wreed om dit te propageer.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights