7 November 2011

969 keer gelees | 1 kommentaar

Die Grondwethof het die ANC se aansoek om regstreekse toegang tot die hof om teen die “Skiet die boer”-uitspraak te appèlleer, van die hand gewys.


Die Grondwethof het ’n aansoek van die ANC en mnr. Julius Malema om regstreekse toegang tot dié hof om teen die Gelykheidshof se bevinding oor die “Skiet die boer”-lied te appèlleer, van die hand gewys.

AfriForum sê luidens ’n verklaring het dié hof verlede week die uitspraak gemaak, waarna die bevinding aan die betrokke partye gestuur is.

Regter Colin Lamont het vroeër die jaar in die Gelykheidshof bevind dat dié lied haatspraak is en dat dit nie in die openbaar of in privaatheid gesing mag word nie.

Sterk boodskap
Intussen sê mnr. Louis Meintjies, voorsitter van TLU SA: “Die uitspraak . . . stuur ’n sterk boodskap uit aan diegene wat nie kan onderskei tussen haatspraak en die voorskrifte van die wet nie.”

Hy sê Lamont het by die aanhoor van die appèl reeds verlof toegestaan dat die saak na die Appèlhof in Bloemfontein verwys mag word. Die TLU SA is tevrede dat die getuienis wat reeds gebring is, aan die eise van die Appèlhof sal voldoen. AfriForum sê hy is gereed om die saak in Bloemfontein te verdedig.

“Ons meen die uitspraak van Regter Lamont, ondersteun deur ander uitsprake deur Regter Leon Halgryn en Regter Eberhard Bertelsmann, in ander soortgelyke sake wat in hoër howe gedien het, die onaanvaarbaarheid van haatspraak in geen ondubbelsinnige woorde veroordeel het nie,” aldus Meintjes.

7 November 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Johan v H

2011/11/07 04:00:19 PM

Snaaks dat mense wat die "Skiet die boer" liedjie verdedig nie kan verstaan dat dit Haatspraak is... Maar boeta noem so n persoon die " K " woord dan is die gort gaar. Dink maar net aan Daren Scott die Supersport aanbieder en Radio Jacaranda om roeper wat sy werk kwyt is... Waar is die sogenaamde gelykheid dan???

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights