Deur ALANI JANEKE
8 Junie 2012

1244 keer gelees | 3 kommentaar

Boere moet hulle staal teen nóg wilde uitsprake wat vanjaar uit ANC-geledere gaan kom, meen mnr. Harald Pakendorf.


Dié reaksie volg op nóg ’n aanval wat die ANC-jeugliga die afgelope week gedoen het op “wit boere” en die land se Grondwet, wat eiendomsreg beskerm,.

Pakendorf, ’n bekende politieke ontleder, sê dit is voor die hand liggend dat boere hulle sal bekommerd oor die uitsprake wat gemaak word. Hy meen egter dat boere meer moet fokus op dít wat die party se hoofleiers sê en nie wat “die massas kwytraak” nie. “Ons moet onthou dat die ANC ’n groot organisasie is, dus baie verskillende standpunte sal binne die party bestaan.”

In dieselfde week wat die ANC-jeugliga kritiek uitgespreek het, het mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, sogenaamde “super boere” ontmoet om hul menings oor grondhervorming en voedselsekerheid te vra. Volgens mediaberigte het Mantashe gesê hoewel hulle grondhervorming wil toepas, is die party ook bedag op voedselsekerheid.

Leierloos

Pakendorf sê geen twyfel bestaan dat die ANC tans “leierloos” is nie. “Zuma sê die minimum en laat die spreekwoordelike Gods water oor Gods akker loop omdat hy nie sy kans op ’n herverkiesing in Mangaung in Desember wil kelder nie.”

“So, ek wil vir boere sê dié uitsprake gaan nog kom, en dit gaan heel moontlik onbeantwoord bly deur die hoofleiers, maar steur julle aan dít wat die hoofleiers sê,” aldus Pakendorf. Die ANC hou einde vanjaar sy nasionale verkiesingskonferensie in Bloemfontein.

Intussen sê dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, die ANC maak ’n fout om met individuele boere te praat en nie met landbou-organisasies wie se leiers gekies is om namens boere te praat nie. Luidens ’n berig in Die Burger het De Jager op Mpumalanga Landbou se jaarlikse kongres gesê die ANC kan die hele bedryf beïnvloed as hy praat met die mense wat deur die hele land se boere verkies is om namens hulle te praat.

“Probleme moet uitgepraat word, maar as jy kortpaaie vat, beland jy in ’n doodloopstraat. Daar is nie maklike antwoorde op moeilike vrae nie,” aldus De Jager.

Uitsprake
Wat wilde uitsprake betref, sê De Jager: “Dit is beter om nou kalm te bly en nie te val vir uitlatings soos dié (deur Lamola) nie. Ons moet nie paniekerig raak nie. Onthou net, hy (die jeugliga) is nie ’n beleidmaker nie, maar bloot ’n beïnvloeder, soos ons.”

Volgens De Jager weeg die landbou se steunbasis swaarder as dié van die jeugliga: “Ek besef dis ’n hansworsjaar en dit gaan nog erger word voor die ANC se leiersverkiesing einde vanjaar.” Hy sê Agri SA sal intussen met sy gesprekke met die ANC voortgaan, en by die reëls hou en nie buite die Grondwet optree nie.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


japie

2012/06/08 10:44:41 PM

Ons moet nie paniekerig raak nie. Onthou net, hy (die jeugliga) is nie ’n beleidmaker nie, maar bloot ’n beïnvloeder, soos ons.” Ons is meer soos in getvol vir alles. Ons mense word vermoor daagliks maar dit is al n gewoonte want mens hoor nie eers meer van dit nie. Wit mense kan vermoor word en sleg gesê word deer swart mense maar as mens net skeef kyk na een van die goed is jy n rasus. Weet julle hoe gatvol is ek om te hoor dis apartheid se skuld vir die en vir daai. Die goed is al hoeveel jaar in bewind en wil net he en he maar kan nie werk vir niks nie. Word in poste aan gestel al kan hulle net in hulle neuse krap want daar is n wit mens onder my wat weet wat om te doen. W Mandela het die jeug gely en ou FW geknak. Kyk hoe Lyk P Boeta en wat raak hy alles nou kwyt. Mense wat die wit folk wat bekly het vir die land gely het tot waar ons is nou. Kyk hoeveel wit mense sit op straat want die goed se hoof doel is om ons te verarm en ons moed te breek. Die dag sal kom en dan moet die wit mense wat so in die swartes in gekruip is ook sommer verby kom.


Verligte Boer

2012/06/09 08:00:39 AM

Die regering praat met groot boere, want hulle dra by tot die grootste deel van die landelike ekonomie en het geen politieke bagasie nie (Dit is ANC se persepsie.) Natuurlik moet Agri SA voortgaan met gesprekke, maar gesprekke met mega boere is net so belangrik. Laat ons nie afbreek aan enige vorm van positiewe dialoog nie, Dr Theo.Van ons skerpste boere is juis die grootstes, alhoewel hulle nie in leiersposisies beskikbaar is nie.


Butch

2012/06/09 11:42:22 PM

Mnr Pakenberg - moenie jou geld daarop sit dat die gesprekke in die toekoms net rondom landbougrond gaan draai nie - pasop maar vir jou sake-onderneming en kleinhoewe ook.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights