Deur ALANI JANEKE
12 Julie 2012

319 keer gelees | 0 kommentaar

Toestande ten opsigte van besoedeling in die Apiesrivier, wat verlede jaar tot ’n rampgebied verklaar is, is besig om te verbeter, sê AfriForum.


“Daar is hoop vir die Apiesrivier,” sê AfriForum. Nadat dié burgerregte-organisasie hom maande lank vir die kwessie van rioolstorting by die Rooiwal-rioolwerke beywer het, sien hy nou lig aan die einde van die tonnel.

Landbou.com het in November verlede jaar berig dat die Departement van Waterwese besluit het om die noordelike dele van die rivier en die Rooiwal-rioolaanleg tot rampgebied te verklaar. Dít het gevolg op erge rioolbesoedeling van die rivier.
 
Die departement het die Tswhane-metroraad opdrag gegee om dringend op te tree om die situasie te verbeter en die rioolaanleg op te gradeer.
 
Hoop
Mnr. André Potgieter, ondervoorsitter van AfriForum se Apiesrivier-tak, sê ’n lang pad lê nog voor, maar die toekoms lyk belowend. Luidens ’n verklaring sê Potgieter heelwat bedrywigheid en verbeterings is die afgelope paar maande by die aanleg opgemerk.
 
Hy sê die meeste tenders wat in die metroraad se aksieplan vervat is, is aan verskeie partye toegestaan en dit sal binnekort in werking tree. “Doeltreffende instandhoudings- en noodinstandhoudingsprosedures van veral die westelike en noordelike werke van die aanleg bly ’n uitdaging wat aangepak moet word. Die verantwoordelike bestuur van die aanleg is ook steeds ’n belangrike kwessie waaraan die Tshwane-metroraad aandag moet gee.”
 
Skade en verliese
Die metroraad berei hom tans voor vir gesprekke oor die hantering van verliese en skade weens sy versuim om aandag te gee aan die probleme van diegene wat deur die rioolstorting in die rivier geraak is. Verskeie boere het groot verliese gely omdat die rivier se water nie vir besproeiing geskik was nie.
 
Volgens die raad se planne sal die aanleg tot dubbel sy grootte uitgebrei word, maar AfriForum sê die korttermyndoelwit is om herstelwerk te doen en te sorg dat die bestaande aanleg tot sy volle kapasiteit funksioneer.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights