Deur JOHAN NORVAL
24 Februarie 2012

1047 keer gelees | 3 kommentaar

Die Department van Arbeid se uitsprake dat Vrystaatse plaaswerkers in haglike toestande woon en werk, is eensydig, sê Vrystaat Landbou.


Die Department van Arbeid se uitsprake dat Vrystaatse plaaswerkers in haglike toestande woon en werk, is eensydig.

Vrystaat Landbou het in sy reaksie ná die besoek van Arbeidsminister Mildred Oliphant aan 13 plase in die Oos-Vrystaat gesê daar is slegs op foute gefokus en sy het nie die gunstige aspekte in haar verklaring uitgewys nie.

Mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, sê die landbougemeenskap begin egter gewoond raak aan die politieke retoriek en die verwagting is dat eise mettertyd realisties sal raak. Vermeulen sê geen inspeksies is deur die arbeidsafvaardiging by opkomende boere gedoen nie.

“En wanneer staatshulp uitgedeel word, is dit dié deel van die landbouers wat bevoordeel word. Arbeidsinspeksies by blanke kommersiële boere skep die beeld dat werkgewers hulle arbeiders uitbuit, waardeur die landbougemeenskap gepolariseer word.”

Praktiese aspekte
Vermeulen sê daar is ’n paar praktiese aspekte ten opsigte van arbeidswetgewing wat aandag moet kry. Een aspek is dat die departement in die afwesigheid van die grondeienaar inspeksies uitvoer.

In haar verklaring het me. Oliphant haar skok uitgespreek oor die omstandighede van plaaswerkers op een bepaalde eiendom. Sy het onderneem om met ander departemente te skakel in ’n poging om beter behuising vir die mense op die plaas te bewerkstellig.

Sy was ook besorg oor die feit dat die nodige administratiewe reëlings nie vir werkers uit die naburige Lesotho getref word nie. Ander vergrype wat die departement in sy inspeksie in die Vrystaat teëgekom het, hou verband met werkers wat nie van beskermende oorklere voorsien word nie, veral wanneer hulle met gevaarlike middels werk.

Die afvaardiging was ook besorg oor watervoorsiening vir plaaswerkers, opleiding vir werkers wat met sekere masjinerie werk, asook die nie-nakoming van algemene regulasies vir gesondheid en veiligheid van werkers.

24 Februarie 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


GW RAAD

2012/02/24 01:38:32 PM

Ek stem saam met Butch, het julle al vasgestel wat die minimum kriteria is wat hulle as aanvaarbaar sien? ek kan die edele minister na vele arm blankes neem wat ook op plotte as bywoners woon in erger omstandighede as meeste plaaswerkers. wat doen die verantwoordelike ministers daaroor? KOM NOU MANNE moet nie bang wees om die politieke speletjie speel nie. dring daarop aan dat die beloofde hulp dringend aan die boer verskaf word. sorg net dat die huis nie van dieselfde kwaliteit as meeste RDP huise of die gauteng paaie wat kastig opgeknap is, is nie.


Onbekende besoeker

2012/02/24 11:58:52 AM

Is dit snaaks dat hulle die 1 of 2 fout raaksien maar die 1000 goeie dinge sien hulle nie raak nie?


Butch van Blerk

2012/02/24 11:37:01 AM

Mnr Vermeulen moenie daarop staatmaak dat "eise mettertyd realisties sal raak". Baie van hierdie retoriek is gebaseer op leuens en dit word en dit word aanhoudend verkondig. die leuens word dus later deur die oningeligte as die waarheid aanvaar. Dis hoekom "stilbly' onder hierdie omstandighede 'n uiters onverantwoordelik kan wees. Die regte metode is om alle leuens met die waarheid te weerlê. Dus verg sulke gevalle voortdurende reaksie om die waarheid op rekord te plaas.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights