7 Augustus 2012

708 keer gelees | 1 kommentaar

Duisende mense het ’n striemende brief ondersteun wat ’n melkboer se vrou op ’n koper se Facebookblad gelaat het.


Verskeie melkboere in Nieu-Suid-Wallis in Australië stuur tans hul koeie na slagplase ná nog ’n prysdaling vir graad twee melk deur Lion, ’n melkverwerker, aangekondig is. Dié daling is glo ’n stap wat deur Coles, ’n supermarkgroep, gedoen is.
 
Luidens ’n berig op The Land sny dié daling pryse so erg dat sommige boere slegs 13 sent per liter vir dié melk ontvang. Graad twee melk maak glo die grootste deel van dié verwerker se melkaankope uit. In sommige dele van die land het Lion verlede maand insameling by verskaffers skielik gestaak – en weier hulle na bewering om kontrakte te hernu.
 
Dié stap volg ná Coles sowat 18 maande gelede ’n sogenaamde prysoorlog begin het deur pryse tot $1 (Aus.) per liter te sny. Dít het gelei tot ’n verlaging van sowat 20% in betalings wat Lion en Parmalat sedertdien gedoen het.
 
Brief
Me. Jane Burney, die eggenote van ’n melkboer, het verlede week ’n brief op Coles se Facebookblad geskryf. Haar man is ’n melkboer met sowat 300 koeie op ’n plaas aan die noordkus van Nieu-Suid-Wallis.
 
Meer as 73 400 mense het van Burney se brief gehou, en 4 500 mense het daarop kommentaar gelewer. Van dié kommentaar het op Coles se houding jeens boere gewys. Coles het ná dae se ongunstige kommentaar enige verdere kommentaar op die brief geblokkeer en in hul reaksie daarop gesê Burney se veldtog is deur ’n aktiviste-organisasie aangevuur.
 
Die koper het intussen verskoning gemaak dat hulle Burney se kommentaar “afgemaak” het, maar hulle hou vol dat hul prys aan boere regverdig is.

Burney sê sy is in geen reaksie van die groep geïntereseerd nie, “As hulle ernstig met my wil praat, wil ek met Ian McLeod (Coles se besturende direkteur) praat, nie die ‘spin docters’ van openbare betrekkinge nie.” Haar brief verskyn nie meer op die Facebookblad nie.
 
Sommige boere se inkomste kan dié jaar met tot $200 000 (Aus.) daal, en dit volg op ’n daling van sowat $100 000 (Aus.) verlede jaar.
 
Bron: The Land


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/08/07 12:19:08 PM

Dan kan ons die melkkopers hier se manewales ook op die FB blad Landbousosiaal aanhaal - met voorbehoud natuurlik dat geen sulke menings lasterlik mag wees nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights