deur MARLEEN SMITH
28 September 2012

616 keer gelees | 0 kommentaar

Graan SA se aansoek vir 'n verhoging van die koringtarief is in die Staatskoerant gepubliseer.


'n Invoertafief kan dalk die verdere inkrimping van dié beleërde Suid-Afrikaanse bedryf stuit. Die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (Itac) het pas Graan SA se aansoek om só ’n verhoging in die Staatskoerant gepubliseer. Kommentaar op die aansoek moet binne die volgende ses weke gelewer word. 

Nuwe beskermingsvlak
Die beskermingsvlak van $215 wat sedert Mei 2010 geld, is in wese irrelevant in die lig van hoë internasionale prysvlakke. Toe dit ingestel is, was die kommentaar dat dié soort gebrekkige be skerming die bedryf vir die wolwe gooi. Die produsente-organisasie vra dat die beskermingsvlak wat ’n invoertarief laat inskop, vanaf $215 per ton tot $326 per ton verhoog moet word. Die aansoek is einde April ingedien. Teen die pryse daardie tyd sal só ’n verhoging ’n tarief van R409 per ton op ingevoerde koring en R614 per ton op ingevoerde koringmeel in werking stel. Dít sal heelwat beter beskerming bied teen gesubsidieerde invoerkoring as wat tans die geval is.


Tarief kan help om koring-aanplantings te laat toeneem
Graan SA bereken ’n nuwe beskermingsvlak van $326 behoort Suid-Afrikaanse produksie sodanig te bevorder dat die land mettertyd weer 85% selfvoorsienend in koring sal kan word. Plaaslike koring-aanplantings het die laaste jare soveel afgeneem dat Suid- Afrika al sowat die helfte van sy koringverbruik moet invoer. Volgens die jongste amptelike oesskatting het Suid-Afrikaanse koringaanplantings vanjaar die rekord-laagtepunt van net meer as 511 000 ha bereik. ’n Oes van net 1,76 miljoen ton word verwag, terwyl verwagte verbruik by 3,2 miljoen ton draai. Landbouweekblad verneem leiers in graankringe is versigtig optimisties dat beter beskerming dié slag ingestel gaan word. Graan SA het die laaste twee jaar sterk op die hersiening van die koringtarief gefokus. “Selfs ’n swakker uitkoms as waarvoor gevra word, behoort ’n beter beskermingsvlak as tans vir die bedryf teweeg te bring,” is aan Landbouweekblad gesê.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights