Deur JOHAN NORVAL
25 Junie 2012

542 keer gelees | 0 kommentaar

Burgerlike geregtigheid sal binnekort ’n hupstoot kry met die aanstelling van sowat 248 balju’s in vakante poste landwyd.


Die Minister van Justisie, mnr. Jeff Radebe, sê dit is veral die beregtiging van sake op die platteland wat bespoedig sal word met die aanstelling van meer balju's aangesien baie poste op afgeleë plekke vakant is.

Radebe het op die bekendstelling van die nuwe Suid-Afrikaanse Baljuvereniging (SA Sheriff Society; of Sass) in Bloemfontein gesê ’n stabiele balju-struktuur landwyd sal die werklas van die howe verlig. ’n Aankondiging daaroor sal na verwagting op 29 Junie of spoedig daarna in die Staatskoerant gepubliseer word. Die suksesvolle kandidate sal ná opleiding hul pligte op 1 Oktober vanjaar begin.

Die Suid-Afrikaanse Baljuvereniging is die nuwe sambreelorganisasie vir die baljubedryf wat volg op die ontbinding van die Verenigde Baljugenootskap (United Sheriff Association) en die Suid-Afrikaanse Instituut van Balju’s.

Leierskap aangewys
Sass se eerste voorsitter is mnr. Nicholas Nxumalo van Port Shepstone. Die ondervoorsitter is mnr. Fanie van Wyk, balju van Potchestroom en ’n boer van die plaas Vlakfontein. Van Wyk sê die boerderygemeenskap gaan nou bedien word deur ’n baljubedryf wat die land se rassesamestelling verteenwoordig.

Hy sê die nuwe organisasie is gerat om die nodige steun aan die nuwe balju’s te gee ten opsigte van opleiding en voorligting. Sass sal ook die nuwelinge bystaan om goeie samewerking met die boerderygemeenskap te bewerkstellig en uit te bou.

Van Wyk sê een van die voordele van Sass is sy interaktiewe webwerf wat ook by die geleentheid bekend gestel is. “Alle tersaaklike inligting oor veilings is op die webwerf beskikbaar. Wanneer ’n plaas byvoorbeeld onder geregtelike verkoping aangebied word, is plaasgrootte, verbeterings en ander inligting op die webwerf te kry.”

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights