Deur ALANI JANEKE
7 Augustus 2012

1853 keer gelees | 1 kommentaar

’n Bankgroep mag op die roerende bates van ’n skaapboer van Kroonstad beslag lê weens R10 miljoen se skuld.


’n Skaapboer van Kroonstad het glo sy plaas weens sy skuldlas by ’n plaaslike bank verlaat en ’n bestuurder agterlaat om na net minder as 5 000 skape om te sien.

Mnr. Danie Thomas, van die plaas Canada, se regsverteenwoordiger het glo verlede maand ’n brief aan Standard Bank gestuur om aan te dui dat hy sy boerdery sal opgee en verkoop om sy skuld te delg.

Luidens ’n berig in Volksblad het Thomas gevra dat as die eiendom se verkope nie sy skuld van sowat R10 miljoen delg nie, die bank die res moet afskryf. Hy het glo reeds ’n aanbod van sowat R8 miljoen vir sy plase gekry.

Dié stap het gevolg ná mnr. Jaco van der Merwe, die plaaslike bankbestuurder, in Februarie vanjaar met Thomas begin onderhandel het omdat die bank ontevrede was oor hoe Thomas sy rekeninge bestuur het.

Hof
Intussen het die Vrystaatse Hooggeregshof beveel dat die balju op al Thomas se roerende bates beslag mag lê om sy skuld te probeer delg. Hy het voerkrale op sy plase Canada, Morningstar en St. Lawrence bedryf.

Volgens ’n hofverklaring het Thomas die bank R7,3 miljoen vir ’n lening geskuld asook R3,6 miljoen vir sy besigheidsrekening.

Thomas het glo na Pretoria verhuis en mnr. JP Grobler as plaasbestuurder agtergelaat. Van die skape word geskeer en die wol word daagliks verwyder, maar Grobler sê hy weet nie waarheen die bale geneem word nie. Die bank sal nou mense aanstel om die skape te versorg.

Bron: Volksblad
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/08/08 01:46:59 PM

Ek bid regtig vir die dag dat produsente minder van banke afhanklik sal wees en hul finansiering uit 'n vorm van landoukrediet verskaf deur die staat kan bekom - landbou as 'n bedryf is nie stabiel genoeg om van banke se finansiering gebruik te maak nie - die grote VSA het dit bewys - en ook die nuwe Russland !

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights