10 September 2012

1984 keer gelees | 9 kommentaar

’n Bejaarde boer van Trompsburg en sy vrou is Sondagaand dood in hul slaapkamer in hul plaashuis gevind.


’n Bejaarde egpaar wat naby Trompsburg geboer het, en Sondagmiddag (9 September 2012) nog by hul seun en skoondogter gekuier het, is dood in hul huis aangetref. Mnr. Johan Fourie en sy vrou, Cecile, het albei skietwonde gehad.
 
Luidens ’n berig in Volksblad het die egpaar rondom 15:00 van die dorp af na hul plaas Knoppe teruggekeer. Wapens is glo uit ’n kluis gesteel. Die kluis was volgens die berig oopgebreek.
 
Ingewag
Die aanvallers het die egpaar na bewering ingewag. Kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het vermoedelik deur ’n badkamervenster toegang tot die huis verkry.
 
Die Fouries was deel van ’n gemeenskapsveiligheidsinisiatief. Boere in die distrik roep elke aand op ’n spesifieke tyd oor ’n radiostelsel in om seker te maak almal is veilig. Van die boere wat deel is van die inisiatief het gaan ondersoek instel nadat die egpaar nie gereageer het op die gewone roeptyd op telefoonoproepe nie, en het op hul liggame afgekom.
 
Nagel sê twee moordsake word ondersoek.
 
Bron: Volksblad
 
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


carel du preez

2012/09/10 11:12:14 AM

Waneer gaan dit end kry?dis tyd dat ons iets daaraan doen want dit raak nou n alerdaagse ding,ons gebede is saam die familie van die ou oom en tannie.


G.Smith

2012/09/10 12:02:17 PM

Surely the time has come for us to take the law into our own hands and eliminate this organisation. Surely this has to be an organisation and not random acts of violence? Why can the police not shut down this organisation, they must be part of the plot.


Adriaan Grobler

2012/09/10 12:52:25 PM

Ons het Boesmans wat 24 uur per dag ons plase patroleer en sedert hulle loop, is daar nie sigbare spore op die plase nie en almal in die omgewing weet hoe goed hulle spoorsny en dat hulle in die begin toe daar nog diedstal was, die ouens binne n uur of twee gekry het, definitief die koste werd vir gemoedsvrede.


Tess

2012/09/10 06:43:31 PM

So hartseer, en so onnodig!


Thabo Strydom

2012/09/10 08:54:28 PM

Dit is skokkend dat n plaasmoord nie meer op tv 2 uitgesaai word nie. Word dit doelbewus weerhou of het dit beleid geword ?


Agri Sentraal Karoo

2012/09/13 01:51:02 PM

Adriaan Grobler - Ek sal graag per epos met jou in aanraking wil kom oor jul initiatief met die Boesmans. Ons het 'n Plaaswagklub hier in Beaufort-Wes,maar sal graag meer wil uitvind oor hoe julle dit aanpak, kostes van die Boesmans en hoeveel gebruik word in hoe 'n groot area. deangous@telkomsa.net


Tim

2012/09/14 03:38:05 PM

Ek ken nie die mense wat vermoor is nie mar tog voel n deel van weg. ek vra julle mense hoelank gan julle nog sit en kyk wat met ons wit nasie gebeer hoekom kan ons nie ook n spreker kry waar ons bymekaar kom soos een boere nasie en praat oor wat met ons gebeer en saam staan. nie net


Ove

2012/09/15 12:23:04 PM

Adriaan Grobler - Ek sal ook graag per epos met jou in aanraking wil kom oor jul gebruik van Boesmans vir plaasbeveiliging. ove@whalemail.co.za


BELINDA

2012/09/15 03:28:05 PM

Middag Adriaan Grobler , jy gee vir ons hoop met jou boesman projek, kan jy my asb e-pos wil graag meer weet hoe ,waar kry jy hulle , lone ens , sal opreg wardeer word , baie dankie groetnes Belinda vd Schyff Boere van Swartruggens

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights