Deur ALANI JANEKE
20 Junie 2012

601 keer gelees | 3 kommentaar

Altesaam 33 kunstenaars en ander bekendes het na die Uniegebou gestap om die impak van geweldsmisdaad onder pres. Jacob Zuma se aandag te bring.


Tientalle mense het saam met 33 bekendes na die Uniegebou in Pretoria gestap om die impak van geweldsmisdaad onder pres. Jacob Zuma se aandag te bring.

“Die kunstenaars meen Suid-Afrikaners leef in vrees omdat die regering sy primêre plig versuim om landsburgers teen geweld en misdaad te beskerm,” lui ’n verklaring.

Memorandum oorhandig
Die groep, onder leiding van Bobby van Jaarsveld, het ‘n griefskrif aan mnr. Mosa Sejosingoe van die Presidensie oorhandig. Volgens die griefskrif is 345 078 mense die afgelope 18 jaar in Suid-Afrika vermoor. ‘n Verdere 471 137 seksuele misdrywe soos verkragting, is gepleeg, terwyl 1 573 597 tussen 2003 en 2010 wreed aangerand is.

“Terwyl gewone mense belastinggeld vir politici se veiligheid betaal, betaal ons in bloed weens die gebrek aan veiligheid in ons land,” sê Van Jaarsveld.

Kwessies in die griefskrif
Van die kwessies wat in die griefskrif uitgelig word, is dat die strafregstelsel rregruk en doeltreffend bestuur moet word. Verder word gevra dat spesialis eenhede vir landelike veiligheid daargestel moet word, terwyl plaasmoorde tot ‘n prioriteitsmisdaad verklaar moet word.

Die groep eis “daar moet sonder genade teen korrupte en kriminele polisiebeamptes opgetree word,” terwyl die President ernstig moet optree teen politici wat Suid-Afrikaners dreig met geweld.

“Ons is nie hier vir praat nie. Ons is moeg gepraat. Ons is desperaat. Ons soek aksie,” het Steve Hofmeyr, bekende sanger, tydens sý spreekbeurt gesê.

Die groep het die Presidensie tot 31 Julie tyd gegee om op die griefskrif te reageer.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Elmarie

2012/06/20 10:42:12 AM

Ek glo as ons ophou stilbly oor al die misdaad en korrupsie sal ons sukses behaal Dankievir elke kunstenaar wat deur hulle besige lewens tyd gemaak om ons volk se belange op die hart te dra gister ons is trots op julle almal.


A Rossouw

2012/06/20 11:13:49 AM

Dit is nou iets wat n mens kan ondersteun Siud Afrika lyk al soos gangsters paridise en n drop zone vir pirate junk [wasie hiernie hetie gesiennie komnounet hier mentalieteit]


n j

2012/06/21 10:11:37 AM

ja hulle het nie klip gegooi en winkels beroof. so word dit gedoen!!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights