Deur JAN BEZUIDENHOUT
15 Oktober 2012

4545 keer gelees | 4 kommentaar

’n Hofuitspraak oor munisipale taks kan verreikende gevolge vir die landbou en plaaslike boere inhou.


Die eiendomsbelasting wat die munisipaliteit Beaufort-Wes van boere verhaal het, is wel wettig is, is in die  Wes-Kaapse Hooggeregshof beslis.

Carryn-Anne Nel skryf in Die Burger dié uitspraak volg nadat die vereniging ’n siviele geding teen die munisipaliteit aanhangig gemaak het. Die vereniging het die munisipaliteit se belastingbeleid betwis en aangevoer dat sekere wetlike vereistes nie nagekom is nie.

Die vereniging het nie die afgelope drie jaar se belasting betaal nie en het die hofsaak verlede jaar aanhangig gemaak. Volgens die munisipaliteit beloop die agterstallige bedrag R3,6 miljoen.

'Tekortkominge in proses'
Regter André le Grange het beslis hoewel daar tekortkominge in die proses was, dit nie tot gevolg gehad het dat die belasting onwettig was nie.

Mnr. Louis Reynolds, een van die boere in die distrik, is baie teleurgesteld deur die beslissing. “Ons kry geen teenprestasie van plaaslike owerhede nie, maar tog moet ons belasting betaal,” het hy aan Gerrit Schaafsma van Landbou.com gesê. Hy kla dat boere feitlik geen dienste van die munisipaliteit ontvang nie maar aanspreeklik gehou word teen ’n onaanvaarbare en onvolhoubare eiendomsbelastingkoers.

Hy is ook ontsteld oor hoe die munisipaliteit boere in die distrik gehanteer het nadat hulle oor die nuwe koers gekla het. Van die boere het selfs by mnr. Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van omgewingsake, en by Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, vir ondersteuning gevra, maar sonder welslae. Reynolds is bekommerd dat boere wat nou die agterstallige belasting moet betaal nie die mas gaan opkom nie. “Van die boere sukkel reeds, as hulle moet kies tussen belasting betaal of voer koop vir hul diere, wat gaan hulle dan doen?”

Bron: Die Burger
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/10/16 03:49:09 PM

Dis nie noodwendig dat 'n ander Hof dieselfde uitspraak sal gee nie. Laat die regsverteenwoordigers geskikte mening bekom ten opsigte van die moontlikheid van appèl.


Gebelaste

2012/10/19 11:34:33 AM

Ek vra asseblief vir meer volledige en nagevorste beriggewing. Ons is bereid om te help om die munisipaliteit te subsidieer(wat anders is mun.belasting op landbougrond sonder dienste) maar die tarief moenie buitensporig wees nie. Ander munisipaliteite in die omgewing se aanslag is 'n breukdeel van die van Beaufort-wes.


Dries

2012/10/19 12:04:04 PM

Moet net asb. nie hier stop nie, volg die duur roete, die Appelhof behoort die beslissing tersyde te stel. Geen instansie of persoon mag of kan betaal word, indien daar geen teen prestasie gelewer word nie. Sannieshof uitspraak is 'n baie goeie voorbeeld.


A Venter

2012/10/21 05:53:38 PM

Dries help ons reg wat was die uitspraak van Sannieshof asb en hoe het hulle dit gedoen

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights