Deur ALANI JANEKE
17 Oktober 2012

1034 keer gelees | 3 kommentaar

Boere in Namibië is baie ontevrede oor stygings van tot 630% in grondbelasting, sê die Nambiese Landbou-unie (NLU).


Samesprekings sal binnekort plaasvind met die Namibiese regering ná erf- en grondbelasting in die land sowat twee maande gelede aansienlik verhoog is.

Mnr. Harald Marggraff, bestuurder van bedrywe by die Namibiese Landbou-unie (NLU), sê hulle het verlede week op die organisasie se jaarkongres opdrag van afgevaardigdes gekry om met die staat oor dié verhogings te onderhandel.
 
“Ons grondbelasting op plase het met enigiets tussen 200% en 630% gestyg,” vertel Marggraff. Hy sê boere in die land moet dié hoë koste saam met stygende produksiekoste absorbeer. Produksiekoste vir die lewendehawe-bedryf in Namibië het van middel 2007 tot middel vanjaar met sowat 70% gestyg.
 
Die landboubedryf maak sowat 4,2% van Namibië se ekonomie uit. Lewende hawe is die sterkste landboubedryf, wat sowat 2,3% tot die ekonomie bydra, terwyl akkerbou en bosbou se gesamentlike aandeel 1,9% is.
 
Wettig
Volgens Marggraff bestaan vrae oor die wetlike bepalings van dié verhogings. Hy sê die staat het sowat 10 jaar gelede ’n prosedure ingestel om erfbelasting en die waarde van eiendom en grond te bepaal. Die eerste verhoging het vyf jaar ná die instelling van dié prosedure gevolg, “en dit was bekostigbaar.”
 
Dié tweede aanpassing is egter nie bekostigbaar en of regverdigbaar nie. Volgens die wetlike bepalings van die prosedure mag die drakrag van grond in berekening gebring word met die bepaling.

Faktore wat nie in berekening gebring mag word nie, is toerismewaarde, mynboupotensiaal en die plaas se afstand van die naaste dorp af. “Wat ons egter nie kan verstaan nie, is hoe ’n verskil van tot 100% kan bestaan tussen aangrensende plase wat dieselfde drakrag moet hê?”
 
Marggraff sê volgens die staat is die aanpassing gegrond op die styging in plaaspryse die afgelope vyf jaar.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


GW RAAD

2012/10/17 11:32:58 AM

Dit lyk of Namibie en RSA nie die waarde van boere wil besef nie. Die regerings verkies duidelik onbewerkte lande of om ontwikkelende boere te vertroetel deur aanhoudende subsidies wat nie volhoubaar is nie. die een wat produktief is word belas totdat hy ook afhanklik is van die staat? Kapitalisties meganisme om kommunisme te verwesenlik?


GW RAAD

2012/10/17 11:36:35 AM

Duidelik verkies die regerings van Namibie en RSA om boere te teiken. hulle verkies en/of begeer om voedsel in te voer en om ontwikkelende boere in te stop met subsidies en programme maar vir die wat daarsonder moet klaar kom word beswaar deur belaglike belastings. dit blyk asof hulle belastings gebruik om boere in finansiele krisisse te wil dompel.


Willie

2012/10/19 05:59:43 PM

Staak is nie produktief nie maar dit word baie effektief deur die unies toe gepas. Dit sal my en ander stadsjapies swaar tref maar ons kan mos op die manier bydra. dis net die armste en oudste wat baie swaar sal kry want pryse sal vir seker die hoogte inskiet. Die vet katte sal dit dalk nie eers agter kom nie want ons vet katte is wragties vet.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights