Menu
 

Deur JAN BEZUIDENHOUT
19 Oktober 2012

2467 keer gelees | 6 kommentaar

Beleggers wat miljoene rand in wyle Herman Pretorius se RVAF-fonds belê het, wil hul geld terugkry.


Sowat 70 beleggers wat geld verloor het in wyle Herman Pretorius se RVAF-fonds het Donderdag (18 Oktober) in Bellville byeengekom om oor die pad vorentoe te besin om hul geld terug te kry.

Die vergadering is  belê deur mnr. J.J. du Plessis van Kaapstad, wie se 71-jarige vader ál sy spaargeld van sowat R6,8 miljoen by Pretorius belê het. Pretorius het op 26 Julie vanjaar ‘n vennoot doodgeskiet en hom daarna om die lewe gebring. Hy is graf toe met die sleutel tot waar sowat R2 miljard se beleggings heen is.

Du Plessis jnr. het ’n aantal beleggers via die RVA-forum genooi om die vergadering by te woon. Alle beleggers in RVAF-fonds (sowat 3 000) kan by die forum aansluit.

Sover vasgestel kan word, is heelewat van die beleggers in die RVAF-fonds boere.

Die pad vorentoe?
Op die die vergadering is drie opsies uitgestippel wat beleggers kan oorweeg om hul geld terug te probeer kry.  Twee van die opsies, om makelaars wat beleggings vir Pretorius gewerf het by die Ombusdman te verkla, of om makelaars wat betrokke was, te dagvaar, is nie oorweeg nie. Die derde moontlikheid wat bespreek is, is of regsgronde bestaan om die Finansiële Diensteraad (FSB) hof toe te sleep weens sy beweerde pligsversuim om Pretorius se RVAF-fonds te sluit.

Die aanwesiges het besluit om ’n regsopinie by ’n senior advokaat in te win oor die haalbaarheid van eise teen die FSB. Die optrede sal sowat R200 000 kos, en dié koste moet deur beleggers gedra word. Indien die regsmening gunstig is, sal die beleggers ook vir die regskoste van die saak daarna moet betaal.

Alle beleggers wat geld in die RVAF-fonds belê het, is versoek om by die forum aan te sluit. Stuur ’n e-pos na rvaforum@gmail.com om alle kommunikasie van die forum te kan ontvang.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Willie

2012/10/19 11:11:44 AM

Ek staan eenvoudig net verstom oor hoe roekeloos, argeloos en totaal, mense met geld kan wees.


Wessel

2012/10/19 11:41:40 AM

Ek wonder altyd of mense wat uitdraai in sulke meester bedrieërs dit so van die begin af beplan het of is dit 'n kwessie van aanvanklike goeie bedoelings en soos die weerlose mense hul beleggings maak veloor hulle hul intregniteit. My antwoord aan die selfoon oproepers met hul fantastiese skemas is. "Ek is 'n boer en hou my by dit wat ek iets van weet." Wakker staan mense, ons is in korrupsie vriendelike tyd. Ek hoop regtig dat daar van die geld terug gekry sal word. WVW


ben

2012/10/24 09:29:10 AM

die makelaars wat betrokke was met die beleggings het ook groot voordeel getrek uit die beleggings en dit sal net regverdig wees as hulle ook by die saak betrek word


leatitia

2012/11/06 08:45:25 AM

Ek kan nie glo mense is so stupid om hulle geld so te be-le nie . Seker gedink hulle gaan nog vinniger geld maak .Ek kry hulle eindlik jammer .


Dion

2013/04/05 11:03:23 AM

Ai Leatitia, al ooit van die spreekwoord gehoor, "Hindsite is an exact science?". Ek dink net almal van ons sal mense op een of ander stadium vertrou, so kom ons hou maar die nydigheid vir onsself.


Cornelia

2013/04/23 03:24:13 PM

Leatitia, vir oumense gaan dit nie om "vinnig" geld te maak nie!! My Pa was een van die beleggers en hy is verslae oor wat hom op sy ouderdom getref het...dit het vir 10jaar goed gegaan, hoekom sal hy dan nie die knaap en sy travante geglo het nie?? Wees eerder bly dit het jou nie oorgekom nie!! Jy sal nie weet hoe dit voel om elkedag te sien hoe krommer hulle loop nie en ook die seer op hul gesigte. Tel liewers jou woorde!!!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Tuli's se Elite-koei

    Mnr. Hennie Eksteen van die distrik Malmesbury se Tuli-beeste benut die marginale gronde op sy plaas uitstekend.

  • Die Angus-ras se Elite-koei

    Mnr. Chris Purdon van Cathcart se Angus-beeste het hom die afgelope 30 jaar deur dik en dun gedra.

  • Elite-koei by Bonsmaras

    Mnr. Philip Dreyer van Memel is bekend onder sy tydgenote as ’n teler wat die vermoë het om diere se teelvermoë raak te sien.

  • Nguni's se Elite-koei

    Die Nguni-teler, mnr. Ben Fyfer van Vryburg, se beeste vaar besonder goed in die streek wat as SA se Texas bekend staan.