Deur ALANI JANEKE
14 Oktober 2010

1630 keer gelees | 2 kommentaar

Die finale besluit oor die toekoms van die vrywillige koper/verkoper-beginsel sal deur verskeie rolspelers in die land bepaal word, sê die Regering.


“Die finale besluit oor die vrywillige koper/verkoper beginsel sal by die mense van Suid-Afrika berus, by die verskeie rolspelers wat by die Groenskrif betrokke is,” sê mnr. Mtobeli Mxotwa, woordvoerder van mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.

Mxotwa sê in die Groenskrif word glo voorgestel dat dié beleid geskrap moet word weens die verskeie probleme wat dit veroorsaak.

Mxotwa sê ná ‘n onlangse voorval waar die prys wat op ‘n koopkontrak gestaan het, nie die prys was wat die betrokke boer gevra het nie, het die department se oë oopgegaan vir die moontlike rol van middelmanne ten opsigte van buitensporige pryse van plase. “Ons besef dié grondpryse word nie deur boere vasgestel nie, hulle vra nie buitensporige pryse nie. Dit is eerder of regsverteenwoordigers of selfs amptenare wat pryse opstoot.

Nie tevrede nie
“Die saak was die aankoop van grond in Limpopo. Die oorspronklike prys was R60 000 per ha, wat toe tot R35 000 per ha verlaag is. Die Minister was egter steeds nie tevrede met dié prys nie en het ander beamptes van die departement gestuur om met die boere te gaan onderhandel. Die eienaars dui toe aan dat hulle slegs R4 000 per ha gevra het,” vertel Mxotwa.

Hy sê die saak word ondersoek. Op ’n vraag of die skrapping van die beleid wat glo in die Groenskrif voorgestel word - weens dié saak heroorweeg gaan word - wou Mxotwa nie kommentaar lewer nie. Hy het aan Landbou.com gesê dat dit een van die redes is hoekom hulle nie tevrede is met die beleid nie en ander maatreëls voorstel.

Ondersoek alle buitensporige grondpryse
Intussen sê me. Annette Steyn, die Demokratiese Alliansie se woordvoerder vir grondsake, sy het dié week ‘n versoek aan die departement gerig dat alle buitensporige grondtransaksies nagegaan moet word om vas te stel of die boere betrokke werklik dié pryse gevra het.

“Mnr. Mdu Mashabane, die nuwe waarnemende direkteur-generaal (DG) van die departement, het erken dat hulle die Limpopo-saak ondersoek. En ek het gevra dat dié saak en ander moontlike voorvalle deur die spesiale ondersoekeenheid ondersoek moet word, aangesien dit ‘n regstreekse invloed op die vrywillige koper/verkoper beleid het,” sê Steyn.

Die vorige waarnemende DG van die departement wat in Augustus aangestel is, dr. Nozizwe Makgalemele, kan blykbaar weens gesondheidsredes nie meer dié posisie vul nie.

Die departement het Dinsdag en Woensdag (12 en 13 Oktober 2010) sy jaarverslag aan die parlement voorgelê. Steyn sê Nkwinti was nie teenwoordig nie.

Lees ook: Minister ontdek self bedrog met grond

14 Oktober 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Grobbies

2010/10/15 04:14:58 PM

Kan ook nie verstaan dat Agri SA dit nie aan die groot klok hang nie.


Jan Dippenaar

2010/10/15 01:22:45 PM

skokkend om die minste te se. waar is AgriSA, dat hulle met die regering praat?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights