Deur ALANI JANEKE
7 September 2012

713 keer gelees | 1 kommentaar

’n Veldtog teen hidrobreking word deur AfriForum onderneem en politieke partye hou die proses fyn dop.


Die kabinetsbesluit om die moratorium op hidrobreking in Suid-Afrika op te hef, word wyd veroordeel. AfriForum sê hy is geskok deur die besluit, want dit kan katastrofale gevolge vir die land se toekoms inhou.

“Suid-Afrika is ’n waterskaars land. Oor die wêreld heen is dit duidelik dat hidrobreking ekostelsels verwoes en veral water besoedel,” sê mnr. Julius Kleynhans, die organisasie se hoof van omgewingsake. Luidens ’n verklaring beskryf Kleynhans die Karoo, waar Shell en ander maatskappye aangedui het hulle skaliegas met hidrobreking wil ontgin, as uiters sensitief.
 
“Die gebied is ’n uiters sensitiewe, semi-woestyn-omgewing wat nie weer na sy natuurlike toestand sal herstel nie. Ongeag watter voorsorg ook al getref word, dit kos net een glips en die omgewing sal onherstelbaar beskadig wees,” sê Kleynhans.
 
Veldtog
Die organisasie sê hy beoog om die besluit teen te staan in die vorm van ’n veldtog teen hidrobreking.
 
Intussen sê die Vryheidsfront Plus hy sal die ontginning van skaliegas waar moontlik teenstaan en saam met ander groepe regstappe doen indien nodig. Adv. Anton Alberts, woordvoerder vir die party, sê verskeie bewyse bestaan dat dié tipe ontginning gevaarlik is vir die omgewing. “Die ANC-regering het geensins aangedui hoe die ontginning verantwoordelik gedoen kan word nie. Ons is ook bekommerd oor die voordele wat die ANC en sy kaders vir hulself gaan toeëien.”
 
Die Demokratiese Alliansie (DA) sê in ’n verklaring die hele proses en besluite oor prospekteringslisensies moet uiters versigtig aangepak word.

Die voordele van werkskepping, goedkoper energie en ’n groter inkomste aan die staat moet teenoor die potensiële bedreigings vir die landbousektor, waterbronne en die integriteit van die Karoo as omgewing opgeweeg word. Volgens die party was ander lande reeds in staat om dié gas verantwoordelik en sonder skade aan die omgewing te ontgin.
 
“Ongelukkig, as dié Regering se rekord in mynwese enigsins in ag geneem word, is dit moontlik dat hidrobreking nie volgens beste praktyk toegepas gaan word nie tensy dit die inisiatief is van die maatskappy wat dit toepas,” sê die DA. Die party vra ook dat die verslag oor hidrobreking in die Karoo, wat deur ’n taakspan saamgestel is, aan die publiek beskikbaar gestel moet word.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


D Coetzee

2012/09/08 11:25:50 PM

Dis 'n insiggewende berig oor die ontginning van skalligas.Baie mense glo met reg dat die unieke karakter van die gebied permnent gaan verander. Op die oomblik word die debat grootliks deur emosie gedryf.Dis insiggewend dat die meratorium kort voot die munisipale verkiesing ingestel is en nou weer opgehef is. As die verskillende scenarios egter binne die nasionale energie behoeftes en beplanning gesien word lyk die prentjie ietwat anders. Ons is nou by 'n kruispad wat energie voorsiening aanbetref. Vrese oor aardverwarming laat sentiment wegswaai van steenkool. Die kern insident in Japan maak besluitnemers huiwerig om beplanning oor kernreaktors bekend te maak. Sonenergie in kombinasie met gasturbines begin al meer na die beste opsie lyk. Dit sal dus baie moeilik wees om die regering en beleggers van hul planne te laat afsien.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights