Menu
 

Deur ALANI JANEKE
20 Oktober 2010

1962 keer gelees | 2 kommentaar

Boere kan finansieël ondergaan as hulle besoedelde water moet gebruik om hulle produkte te verbou, sê die TLU SA.


Boere kan finansieël ondergaan as hulle besoedelde water moet gebruik om hulle produkte te verbou, sê die TLU SA.

Luidens ‘n verklaring sê die organisasie dat boere wat afhanklik is van besoedelde waterbronne groot probleme kan ervaar as hulle produkte afgekeur word omdat dit nie aan die nodige standaarde voldoen nie.

“Indien die owerheid, wat eksklusiewe grondwetlike voogdyskap oor die land se waterbronne uitoefen, nie ingrypende maatreëls in plek gaan sit om die besoedeling van waterbronne te stop en reg te stel nie, sal die aanspreeklikheid vir boere wat genoodsaak is om landboubedrywighede te staak, voor die deur van die regering gelê moet word,” lui die verklaring.

Mnr. Louis Meintjes, ondervoorsitter van die TLU SA, sê hulle besef dat boere self ook aan die besoedeling aandadig is wanneer kunsmis en gifstowwe onoordeelkundig gebruik word. Derhalwe is ‘n omgewingsbestuurskomitee twee jaar gelede in die lewe geroep, en het die TLU SA 'n leerstoel vir waterkwaliteit en voedselsekerheid by die WNNR gestig.

Toenemende kommer, geen aksie
Meintjes sê sedert pres. Jacob Zuma aan bewind gekom het, het hulle op vyf geleenthede met hom samesprekings gehou oor landbou-aangeleenthede. Wateraangeleenthede en kommer oor besoedeling is tydens elke geleentheid bespreek, maar  geen aksie blyk te volg nie.

Die tema is ook al met me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, bespreek en versoeke om met me. Bulyewa Sonjica, Minister van Waterwese en Omgewingsake, te vergader was tot dusver onsuksesvol.

Intussen dui die afgelope maande se mediaberigte aan dat kommer oor besoedeling en die invloed op voedselproduksie toeneem.

20 Oktober 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Kobus Swart

2010/10/22 11:02:35 AM

Wat gaan gebeur as Woolworths se produsente totaal verdwyn asgevolg van besoedeling?. Dit blyk nou dat die meeste van plattelandse Munisipaliteite nie weet hom om hulle rioolwerke te bestuur nie. Hierdie vuil rioolwater syfer in die ondergrondse waterbronne in en dit raak ook bemet


Goedgedacht

2010/10/21 04:04:18 PM

Het Woolworths nie alreeds gese hulle produsentelys word al hoe korter as gevolg van swak waterkwaliteit nie? Ek dink dit knou boere reeds.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.