28 Augustus 2012

1227 keer gelees | 2 kommentaar

’n Boervrou van Clocolan is in ’n koma ná betogers haar met ’n klip gegooi het terwyl sy na dié dorp onderweg was.


Onrus in die gemeenskap van Clocolan oor munisipale landbougrond het daartoe gelei dat ’n boervrou in ’n koma is.

Die 67-jarige me. Isabel Hugo en haar 27-jarige dogter, Elsabe, was onderweg na die dorp van die plaas Daisy af toe Isabel deur betogers met ’n klip teen die kop gegooi is.
 
Die twee vroue was Maandag (27 Augustus 2012) vroegoggend van die plaas af na die dorp onderweg waar die bakkie waarmee hulle gery het, herstelwerk moes ondergaan. Luidens ’n berig in Volksblad het ’n groep oproeriges die bakkie buite die dorp omsingel en Hugo is deur ’n oop ruit met ’n klip teen die kop gegooi.
 
Hugo het haar bewussyn verloor en die bakkie is van die pad af die veld in. Volgens mnr. Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement van gesondheid, het Hugo ernstige beserings aan haar kop opgedoen en is sy in ’n koma. Sy word in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein behandel.
 
Betoging
Volgens die koerant kom onrus in die omgewing voor sedert die Setsoto-munisipaliteit verlede week ’n klag van betreding by die Polisie gelê het ná mense plakkershuise op munisipale landbougrond opgerig het. Die grond word aan mnr. Wessel Wessels verhuur.
 
Die plakkers beweer mnr. Tshediso Jakobo, burgemeester, het hulle toestemming gegee om daar huise op te slaan, maar hy sê hulle lieg.
 
Altesame 82 mense is verlede week vir openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging in hegtenis geneem. Nog niemand is aangekeer in verband met die aanval op Hugo nie.
 
Bron: Volksblad
 
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Niel

2012/08/28 02:55:13 PM

Nou vra ek jou wat de donner het sy met hul griewe uit te waai? Spul onnosele ape


Louis

2012/08/29 08:15:46 AM

Ek kan ook nie verstaan nie. Niks en niemand word ontsien nie. Geweld is mos die manier om alles op te los in die land !!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights