Bewaringslandbou in die praktyk

Deur Jan Bezuidenhout
21 Julie 2016
Jy het nog ‘n week kans om in te skryf vir die BLWK Jack Human Bewaringslandbouweek in die Wes-Kaap.

Skryf in vir die Jack Human Bewaringslandbouweek in die Wes-Kaap, aangebied deur Bewaringslandbou Wes-Kaap. Dit behels ʼn praktiese dag op 2 Augustus op die plaas Klipfontein, tussen Caledon en Villiersdorp  gevolg deur ‘n konferensiedag op 4 Augustus by Elsenburg.

Aangeheg is die inskrywingsvorm of jy kan alternatiewelik die skakel gebruik vir vinnige internet-registrasie. Inskrywings later as Woensdagmiddag 27 Julie R600 beloop.

Hieronder is van die sake wat onder die loep gaan kom:

Praktiese dag – 2 Augustus 2016
Verskillende skyfplanters – aanbiedings (Rovic Leers, Equilizer, John Deere).
Vooropkomsmiddels en skyfplanters (7 behandlings).
Wortelontwikkeling oor twee verskillende bemestingspraktyke.
Dekgewasse demonstrasies.
Koring ná vorige dekgewasse.
Middagete en kuier: 13:00.

Konferensiedag – 4 Augustus 2016
Inteken: 07:45 tot 08:45
Prof. Ruttan Lal, Ohio State Universiteit: Die boustene van bewaringslandbou en hoe dit inmekaar skakel.
Groepsbespreking: “Back to basics” – Is ons boustene in plek?
Lourens van Eeden: Hoe sien ek bewaringslandbou in my omgewing.
Prof. John Howieson – Sentrum vir Rhizobium Studies, Murdoch University Wes-Australië – Rizobium en die belang van peulplante.
Prof. Brad Nutt: Sentrum vir Rhizobium Studies, Murdoch University Wes-Australië – Serredella en verbetering van grondfertiliteit in sanderige gronde
Danie Slabber, voorsitter, Riemlandstudiegroep – My no-till verhaal.

Inskryfvorm hieronder.

Aanhangsels

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels