Deur JOYLENE VAN WYK
18 Junie 2012

625 keer gelees | 0 kommentaar

Die projek om biobrandstof uit sorghum by Cradock te produseer, gaan in Julie begin.


Die biobrandstofprojek op Cradock is gereed vir toepassing, sê mnr. Vusi Mahlangu, adjunkdirekteur-generaal vir Grondhervorming.

Mahlangu was deel van ’n afvaardiging wat ’n voorlegging aan die Parlement se portefeuljekomitee vir landelike ontwikkeling en grondhervorming oor die implikasies van die Regering se plan vir nywerheidsontwikkeling, groei en die nasionale konsep ontwikkelingsplan gedoen het.

Mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, het vroeër aangedui dat R1,8 miljard vir die projek goedgekeur is.

Die projek is bykans vyf jaar gelede deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC), die Sentrale Energiefonds (SEF) en die Oos-Kaapse regering begin. Die portefeuljekomitee wou weet hoe die projek vorder.

Mahlangu het aangedui dat indien alles goed verloop, die projek in Julie sal begin.

Sy departement werk saam met ander departemente sodat sekere regulasies, soos die bestuur van die begunstigdes se sake-aangeleenthede, subsidies en ondersteuning wat verleen gaan word, toegepas kan word.

Die departement is nou besig om begunstigdes te identifiseer wat sal baat vind by die projek. “Die grond wat gekoop is, is nie alles net vir die aanleg nie.” Hy het gesê dat begunstigdes ander gewasse ook daarop kan plant en vee kan aanhou.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights