Deur JOYLENE VAN WYK
6 Maart 2012

1054 keer gelees | 1 kommentaar

‘n Inspuiting van R1,8 miljard vir ‘n projek om biobrandstof op Cradock te vervaardig,  is goedgekeur, sê mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid.


‘n Inspuiting van R1,8 miljard is vir die biobrandstofprojek op Cradock goedgekeur om te verseker dat dit teen Mei 2014 met kommersiële vervaardiging van dié groener brandstof kan begin.

Hierdie projek is een van die 13 projekte waarin altesaam R21,7 miljard ingestoot gaan word, wat mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, pas goedgekeur het.

Twee van dié projekte is in die biobrandstof-sektor, een in agroverwerking, twee in die papier- en pulpsektor en agt in die chemiese sektor.

Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) het dié projek op Cradock meer as drie jaar gelede saam met die Sentrale Energiefonds (SEF) en die Oos-Kaapse regering begin. Sorghum is die voorkeurgewas wat die volgende vyf jaar as grondstof gebruik sal word om bio-etanol te vervaardig.

Benodig vir 100 miljoen liter
Die NOK het verlede jaar aangedui dat hy sowat R1,7 miljard benodig om 100 miljoen liter biobrandstof teen 2014 te vervaardig. Die Departement van Energie het in die verlede voorgestel dat 2% biodiesel met gewone diesel en 8% bio-etanol met petrol gemeng moet word.

Die verwagting is dat die 50% kommersiële produksie teen Mei 2014 bereik sal word.

Davies het gesê hierdie en die ander goedgekeurde projekte sal ‘n beduidende bydrae lewer tot die behaling van ‘n groener ekonomiese groeipad en een met laer koolstof-uitlate.

Die Suid-Afrikaanse Energie Ontwikkelingsinstituut skat dat die projekte se verbintenis om energie effektiewe tegnologie te gebruik, ‘n besparing van 90 megawatt sal meebring.

Aktiewe produksie
Hy het uitgewys dat die Cradock-projek en die biodieselprojek van Rainbow Nation Renewable Fuels Ltd. by Coega in die Oos-Kaap, Suid-Afrika se eerste belegging in die aktiewe produksie van biobrandstof is.

“Hulle sal die eerste etanol vervaardigings fasilliteite word wat kommersiële etanol vir brandstof vervaardig.”

Die Coega-projek kry R2,1 miljard vir sy sojaboon-parsaanleg wat langs sy eie biodiesel aanleg opgerig sal word. Kommersiële produksie van die sojameel, biodiesel en gliserien begin in Julie.

5 Maart 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/03/07 10:00:40 AM

gaan hulle nou al die sorghum cradock toe aan ry help tog net die mense.....

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights