Deur ALANI JANEKE
7 Augustus 2012

1777 keer gelees | 0 kommentaar

Bittere koue het Suid-Afrika in sy greep met sneeu en reën wat wyd val. Die koudste plek het -4,6 grade Celsius gemeet.


Op die eerste nag van die koue weer wat dié week vir Suid-Afrika voorspel is, het die kwik op die koudste plaas in die land tot -4,6 grade Celsius laat daal.

Mnr. Sandy Stretton, eienaar van Buffelsfontein naby Molteno, sê die dagtemperatuur wat Dinsdag (7 Augustus 2012) op die plaas in die Oos-Kaap gemeet is, was -0,4 grade Celsius.
 
Sneeu het Maandag (6 Augustus 2012) oor groot dele van die land begin uitsak. Landbou.com het foto’s van sneeu uit die Paarl, Bloemfontein, Bethlehem, Montagu en Deneysville ontvang.
 
Volgens Stretton lê die sneeu ’n paar centimeter diep. Dit is wel nog nie die koudste temperatuur wat dié winter op die plaas gemeet is nie. In Mei het Stretton ’n snerpende -12,8 grade Celsius aangeteken. Die koudste temperatuur wat Stretton nog aangeteken het, was -18 grade Celsius.
 
Vrystaat
Vrystaat Landbou sê sneeu sak tans ook oor groot dele van die Sentraal-Vrystaat en die Oos-Vrystaat uit. Mnr. Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte, sê dié ekstra vog is goeie nuus vir lae grondvogvlakke. Dit sal ook daartoe bydra dat weiding, wat tans in dele van die provinsie skraps is, vinniger bot in die lente.
 
Volgens Agri Wes-Kaap sak sneeu en reën oor groot dele van die provinsie, veral die Karoo uit. Baie reën het ook oor dele van Montagu uitgesak, en opnames word gedoen om te probeer bepaal hoeveel skade aangerig is.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights