Deur ALANI JANEKE
3 Augustus 2012

836 keer gelees | 0 kommentaar

’n Boer van Groblersdal is ’n boete van R100 000 en ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar tronkstraf opgelê ná ’n tiener se dood.


’n 57-jarige boer van Groblersdal in Mpumalanga het dié week skuld beken op ’n aanklag van strafbare manslag nadat ’n 14-jarige seun verlede jaar op sy plaas gesterf het.

Mnr. Piet Swart het in Oktober verlede jaar waarskuwingskote afgevuur op die tiener en drie van sy vriende wat sonder toestemming in ’n dam op sy plaas vis gevang het.
 
Luidens ’n berig in Beeld is die skote met ’n haelgeweer afgevuur. Een van die skote het Jacob Gift Mbhangini in die kop getref, terwyl nóg ’n skoot sy 17-jarige vriend in die hand getref het. Die twee ander vriende het op die vlug geslaan.
 
Vergoedingsboete
Swart is gevonnis tot vyf jaar tronkstraf, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is. Hy het ook opdrag gekry om ’n vergoedingsboete van R100 000 te betaal. Van dié bedrag sal R75 000 aan Mbhangini se familie gaan, terwyl R25 000 aan die 17-jarige vriend se familie betaal moet word.
 
Swart het ook skuld beken op ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer en drie aanklagte van aanranding.

Bron: Beeld.com
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights