6 September 2012

711 keer gelees | 2 kommentaar

’n Boer van Vryburg en sy seun verskyn Donderdag vir ’n tweede keer in die hof ná ’n plaaswerker dood is.


Vir ’n tweede agtereenvolgende dag verskyn ’n boer van Vryburg en sy seun op 6 September 2012 in die plaaslike landdroshof ná ’n plaaswerker gesterf het. Die twee mans word daarvan verdink dat hulle die werker doodgeskok het.
 
Luidens ’n berig op Nuus24.com word die mans ook daarvan verdink dat hulle ’n tweede plaaswerker ernstig aangerand het. Die beskuldigdes is as die 69-jarige Mathys Cloete, en sy 34-jarige seun, Danie, geïdentifiseer.
 
Vier aanklagte word teen die verdagtes ondersoek. Dit sluit moord, poging tot moord, aanranding en die rig van ’n vuurwapen in.
 
Die Cloetes het volgens die berig die plaaswerkers beskuldig van die diefstal van 25 liter diesel en twee buitebande. Na bewering is die mans met oorleikabels (jumper cables) geskok. Een van die werkers het glo op die toneel gesterf en die tweede is beseer.
 
Bron: Nuus24.com
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Riaan

2012/09/07 06:59:07 AM

Wanneer gaan dit stop, wanneer gaan ons besef die vaderskap op die grond moet verander, dat dit n Godelike Vaderskap moet word, dan sal die ganse wereld verander. Ons blankes het, wel ons ag onself die met kennis en insig, dan gaan ons bonop nog elke sondag na n gebou om n god te gaan aanbid, word wakker jy wat slaap, dit gaan al baie lank so aan waar ons om n braaivleis vuur, ag oorals hierdie mense absolut dood spreek as ons ons mond oopmaak... Dan wonder ons, met al die sogenaamde "kennis" waar kom al die plaas moorde vandaan...Los asb jou kind in die huis as jy enige so iets wil doen, dan is daar darem n kans dat die volgende geslag dit nie sal doen nie.


nico

2012/09/08 02:24:35 PM

hey ja dit is goed en wel dalk is hulle skuldig ,maar weereens hoekom steel hulle,dit behoort moes ni aan hulle nie. is baie maklik om altyd boer die skuld te gee. En plaasmoorde dt raak nou bietjie erg maar dt is mense wat nie werk het v hulle hande nie wat baie plaas moorde is onskuldige mense wat daar onder ly so wat se jy nou. Wat gaan gedoen word daar omtrent , staat gaan niks doen nie so ek dink dit is hoog tyd laat boer saam staan. Wat dit kanie so aan gaan nie dit raak net erker dink ons moet ook die selfde aan hulle mense doen en kyk waar eindig dit. is altyd die boer nee man dit werk nie so nie. Ek dink doodstraf moes allankal terug gekom het, maar nee dit sal nie want dit is hulle mense wat daar onder lui.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights