Deur ALANI JANEKE
27 Junie 2012

638 keer gelees | 0 kommentaar

Ná hondsdolheid by ’n koei van hom gediagnoseer is, kry mnr. Corneels Claassen van die distrik Ladybrand en een van sy werkers behandeling teen dié virus.


Die omgewing van Ladybrand in die Oos-Vrystaat word weke lank al deur die voorkoms van hondsdolheid geteister, en nou moet ’n veeboer en een van sy werkers behandeling teen die siekte ontvang.

Mnr. Corneels Claassen, ’n 60-jarige boer van die plaas Gilboa, en mnr. Johannes Mbaula, een van sy werkers, kry behandeling omdat hulle met ’n koei gewerk het waarvan breinweefsel positief vir die virus getoets het.

Luidens ’n berig in die Volksblad is die behandeling ’n voorsorgmaatreël. “Dit is ’n verskriklike ding, ja, maar ek glo die kanse is skraal dat ons die siekte opgedoen het. Dit is maar net ’n voorsorgmaatreël. Nie een van ons het enige simptome nie,” aldus Claassen.

Drie koeie
Claassen het die afgelope maand drie koeie verloor. Die eerste twee het dieselfde simptome as die laaste een gehad, maar Claassen het irium-vergiftiging vermoed. Hy het besluit om die laaste koei se karkas na Onderstepoort te stuur vir toetse.

“Sy het deur die nag gebulk. Ek het eers gedink sy soek haar kalf, maar die volgende oggend was die tekens daar,” vertel Claassen. Die dier was glo baie swak in haar agterlyf en het kort-kort geval. Sy het ook aanhou bulk.

Dr. Thabo Lerotoli, staatsveearts, sal Claassen binnekort besoek om sy kudde en bure se honde en katte in te ent.

Kommer
Intussen sê mnr. Hugo le Roux, streeksverteenwoordiger vir Vrystaat Landbou, die plaaslike gemeenskap is maar bekommerd oor die situasie.

Hy sê hulle het Dinsdag (26 Junie 2012) ’n vergadering met dr. Thabo Lerotoli, die distrik se staatsveearts, gehad. Op die vergadering het Lerotoli boere aangemoedig om hom van enige losloperhonde wat vreemde gedrag toon, in kennis te stel. Hy het ook aan boere gesê om hul eie diskresie te gebruik, en as die dier hulle bedreig, dit van kant te maak. Hy vra wel dat boere nie wild en wakker op diere moet skiet nie.

Bron: Volksblad

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights