deur ALANI JANEKE
28 Maart 2011

2125 keer gelees | 7 kommentaar

Groot verwagtinge bestaan onder Suid-Afrikaanse boere wat besluit het om hulle boerderybedrywighede na die Kongo uit te brei.


Groot verwagtinge bestaan onder Suid-Afrikaanse boere wat besluit het om hulle boerdery-bedrywighede na die Kongo (Brazaville) uit te brei nadat die samewerkingskontrak tussen dié land se Regering en Agri SA afgehandel is.

Mnr. Andre Botha, die voorsitter van Agri Kongo, het aan Landbou.com foto’s verskaf ná hulle onlangse besoek aan dié land en die plaas, Malolo (80 000 ha), waarna die eerste groep boere in Mei vertrek.

‘n Groep van 14 boere het die land vroeg in Maart besoek en die eerste vyf boere vertrek op 1 Mei om hulle bedrywighede daarheen uit te brei of hulself daar te gaan vestig.

Lees gerus die berig vir meer inligting. Kyk hier na die foto's uit die Kongo.

28 Maart 2011

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Pieter koch

2012/05/16 08:17:06 PM

Ek was n melk boer in1997 op gehou en terg gegaan op my rigting wat ek voor geleer het. Eks nou in tegniese opleiding.as julle mense nodig het om te help om mense te leer in die tegniese veld.mail adres kochpieter@yahoo.com. Net die beste wense vir ons boere


Martiens

2011/04/13 08:11:13 PM

Mense, hierdie getuienis is nie galbrakery of bobejane agter die berg gaan haal, ek het in 16 Afrika lande gereis, werk ondersoeke gedoen. Ek kan jul boekdele wys. Ek het meer as 4000 semen strooitjies van top vleis bulle en melk bulle aangebied as bydrae, verniet, al wat hul moes doen, was die papierwerk. Ek sou en sal steeds help. Varke ook. Wil jul fotos sien van wat met jou gebeur as jy klinkklare bewyse lewer van blatante diefstalle en bedrog? Jul GAN jul gatte sien, sonder n spiel. Jyt dan self n land vol bedrog, moorde, vertrapping &&&&&. Ek praaf 5 swart tale!!! Wat die sg leiers met jou onderneming onderteken, beteken vir die bare landelikke, plaaslikke bevolking, NIKS. As jy nie die woord NIKS verstaan, bel my dan verduidelik ek jou. 079 892 8296.Die wereld se kos kan in daardie lande en SA verbou word, maar vir solank as wat die politikuste, VSA, Downing str 10 aanhou met hul rookskerms en omkopery, kan jy maak wat jy wil!!!! Ek gee nie om wie jy is, hoeveel geld jy het nie!! Die tendens is regdeur dieselfde "sodra die gelde of wat ookal verdeel word, eien die westerling, maaki saaak van watter land, homself die grooter deel toe om "vir sy innitiatief, insette, kennis, lucuries &&&&& toe en dan spat die bloed en vernietiging. Hierdie klomp narre wat al die "onderhandelings, seeplglad en waterdig" doen, dra dasse, sit in lugverkoelde kantore, ry met Mercs, Landrovers, Bm's. Hulle het nie die vaagste benul van wat op die grond aangaan nie. Daar is niE, n kooperasie in elke dorp, n 911, medevac, werkswinkel, veearts, sillos, couriers, midas, of skelm kooperasies wat VIR die boer behoort te wees NIE. Die POTENSIAAL, is onskatbaar. Maar die rassisme en haat en vernietiging is ligjare bo dit. Daar is wel enkele lande, eintlik streke in enkele lande, wat effens oorweeg kan word. Feit bly staan, as jy as SA Boer, wat kAn werk en wil werk dink jy gaan daardie kos wat jy produseer, @ westerse normes in daardie lande verkoop kry en nog jou geld kry, maak jy n gat van jouself. Wat staan dan nog om as Suid Afrikaner, dink jy gaan jou produkte uitvoer Europe toe, is jy bodweg onosel want die Europeers, vertrou niE Afrika niE. As daar iemand is wat glo hy kan my verkeerd bewys, kom ons ry/vlieg of loop soontoe en bewys my verkeerd. Dan, plaas ek n artikel met omverskoning. EK hEt, genoeg kontakte in meeste van daardie lande, elkgeval. Laastens, wat my die heel naaasste an die hart le, jy verontreg en benadeel jou kinders in die ergste graad!!!! Gte. Martiens.


Andre Botha

2011/04/06 10:37:42 AM

Die besluit om die finale ooreenkoms vir die oordrag van grond vanaf die Republiek van die Kongo na Suid Afrikaanse boere (Congo Agriculture) te onderteken is na twee jaar se navorsing, onderhandelings en gesprekke met verteenwoordigers uit beide Kongo en RSA geneem. Agri SA het baie navorsing oor die aangeleentheid gedoen en as voorveiste gestel dat die Beskerming van Beleggings ooreenkoms in plek is. Die boer kan dalk as gevolg van eksterne faktore die grond verloor, maar billike kompensasie is gewaarborg. Regspleging is in die Internasionale arena en beide regerings is daartoe verbind. Die verskil tussen hierdie aksie en vorige pogings is die betrokkenheid van Georganiseerde Landbou. Stelsels en strukture is in plek gestel. Beleid is bepaal en die proses word volgens voorafbepaalde doelwitte en meetbare riglyne in werking gestel


Onbekende besoeker

2011/03/30 12:43:16 PM

Die kommentaar van Adam spreek boekdele. Hy reageer op iets waarvan hy niks weet nie. Die Beskerming van Beleggingsooreenkoms is in plek en dien as 'n internasionale waarborg. Afrika is goed genoeg om werk te verskaf aan Suid Afrikaners maar nie goed genoeg om as deel van hul kontinent beskou te word nie.


Voornemende immegrerende Plaasboer

2011/03/29 03:58:04 PM

Die Boere wat hulle in Afrika wil begeef het definitief nie hulle huiswerk gedoen nie!!! Kannada wag vir hulle met ope arms! Die koue is nie 'n verskoning in vergelyking met die risiko in Afrika nie


Adam vd Westhuizen

2011/03/29 10:06:25 AM

Ek is n boer in SA en ek werk as konsultant in Wes Afrika vir n Europese Maatskappy wat al meer as 100 jaar plantasies hier bestuur.My ondervinding is dat jy soveel kontrakte met die regering en betrokke partye kan sluit as wat jy wil , dit is net soveel werd as die papier waarop dit geskryf is.Die Boere wat hulle in hierdie lande vestig moet aanvaar dat hulle hulle hele belegging in n oogwink kan verloor.Dit gebeur met groot landbou maatskappye wat n groot invloed op ekonomie van lande het.


Bernie Erasmus

2012/10/01 08:45:43 AM

Ons, PVC Pipefit Engineering, is 'n besigheid in die Kaap wat spesialiseer in die "fabrication" van UPVC besproeings komponente. Dit sluit in buigstukke, herstel-laste (rubberkoppe), skuiflaste, verlengstukke ("reducers"), T-stukke, end-doppe, ens. Ons reeks bestaan uit meer as 600 verskillende produkte en grotes wat wissel van 25mm tot 400mm. Ons voorsien al die groot verspreiders vanaf Namibie, af teen die Weskus en op teen die Ooskus tot by Port Elizabeth en dan deur tot in die Vrystaat. Vir 22 jaar is ons een van die leidende verspreiders van ons produkte en het in die afgelope 2-3 jaar heelwat uitgebrei. Die rede vir hierdie skrywe is om uit te vind of ons van enige hulp kan wees vir ons dapper boere wat hulle self in die Kongo gevestig het en met die samewerking van ons voorsieners van die UPVC pyp, 'n spesiale pakket kan beding vir die lewering aan die manne daarbo. Ek sal graag wil uitvind met wie ek kan skakel vir so'n inisiatief. Ons spesialiseer ook in die vervaardiging van "spesiale" produkte, aangesien die tendens deesdae is om Stainless Steel te vervang met PVC waar moontlik. Te veel om op te noem. Ongelukkig is ons Webtuiste nog nie gereed nie, maar ek kan heelwat fotos verskaf van die produkte wat ons fabriseer. Baie dankie Bernie Erasmus

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights